Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6062 resensies.
"Beslis 'n baie oulike dorp. Ek was baie bly om te sien daar is bordjies op met die geskiedenis van die verskille geboue in die dorp. Ons het ons naweek in Chrissiesmeer baie geniet en sal beslis in die toekoms weer daar gaan kuier. "
"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
Mjejane Game Reserve, Mpumalanga
Manzini River House"As julle julle hoofpad bietjie opknap sal dit 'n pragtige plek wees om te gaan vakansie hou. Die pad is baie besig dus is die pad uitgery, lelik en stowwerig."
"Graskop en omgewing is iets wat mens moet sien, maar wees maar steeds waaksaam teen misdaad."
"Dullstroom is a pretty quiet town. Loved Mrs Simpson's restaurant, really fine dining. Missed out on the whiskey bar as they closed earlier than expected. The shops are quaint and there are restaurants and eating places everywhere. Some not so good. We also enjoyed the Coachman very much."
"Die bergpasse en omgewing, veral die gedeelte na Swaziland se grenspos, is werklik 'n belewenis."
"Dullstroom is vol eetplekkies en geskenkwinkeltjies, maar dis baie duur. Die supermark is effe agteraf en het nie veel nie. Ek dink hul kan probeer om 'n ordentlike Spar daar oop te maak."
"Sal weer terug gaan Kaapsehoop toe. Die plek het sy eie bekoring en ek was aangenaam verras. Dit is 'n must go to plek op jou bucket list. "
"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
"'n Heerlike, goed georganiseerde dorpie wat al die baie besoekers besonders goed hanteer. Soms wag 'n mens bietjie lank vir diens, maar gesien aan die aantal besoekers, doen hulle baie goed. Skoon, mooi, goed versorg - net lekker."
"Tipiese toeristebestemming, maar aangenaam. Birds of Prey 'n moet. Daar is ook nou 'n lieflike koffiewinkel en bekostigbaar. Moet dit nie mis nie."
"Pragtige dorpie en die mense is baie vriendelik. Sal beslis weer daar gaan kuier. Het dit baie geniet."
"Slaap net oor en maak gebruik van 'n Wimpy vir wegneemetes. Dis onbekend met res van dorp."