Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6238 resensies.
"Definitief asemrowende besienswaardighede in die nabye omgewing. Paaie is net geweldig sleg en word nie onderhou nie. Verskriklik baie en groot potholes!"
"Heerlike atmosfeer. Voel of ons deel van die wildernis was. Veral met die diere wat sommer besoek terwyl ons in die swembad ontspan. Die mense was almal vriendelik en behulpsaam en laat mens sommer deel van die gemeenskap voel. Indien daar enigsins iets was om oor te kla, dan was dit miskien die toestand van sekere van die grondpaaie. Die winkels in die park voorsien ook in meeste van dit wat nodig is vir die verblyf hier. "
"Dis 'n wonderlike, rustige klein dorpie met vriendelike, gasvrye mense. Meeste van die huisies bestaan uit 'n ander era. Daar is ook historiese plekkies. Die begeleide toere is die moeite werd om jou by al die verskuilde skatte uit te bring. Die wilde perde in die dorpie is uitsonderlik. Ons kan Kaapsehoop aanbeveel vir al die stedelinge om net weer rustigheid en perspektief te kry."
"Ons gasheer was baie hulpvaardig en baie vriendelik! Werklik 'n plek om by te bly!"
"Het self voorheen voltyds daar gewoon en gaan hou nog steeds vakansie daar. Baie lekker plek om te rus."
"I suggest a relaxed stroll along the main road to enjoy the atmosphere and shopping."
"The shopping is great with a super Checkers store .The roads were terrible full of pot holes on the Sabie Road. The Entrance to Kruger Park was approximately 15 minutes drive."
"Moenie die watetvalle mis nie, Hazyview het meer as wat 'n mens nodig het."
White River Country Estate, Mpumalanga
Pinehurst Place"Baie netjiese plek, toegang tot die estate se geriewe is 'n pluspunt! Gholf, tennis, swembad, muurbal ens."
"Oor algemeen 'n baie aangename toeristebestemming, daar moet miskien net gedink word om meer eetplekke na 17:00 oop te hou."
"Sal sê hulle moet meer toeriste-aantreklikhede daar aanbring, want op die staduim is dit net 'n dorpie en dit het nie veel aantrekkingskrag nie. Vind geen baat daar nie. "
"What a beautiful part of Nelspruit. The birds are spectacular and it feels as if you are near the wild."
"Dullstroom as dorp het in die afgelope agt jaar baie agteruitgegaan, maar dit bly steeds 'n goeie bestemming vir 'n vinnige wegbreek."
"The whole area is one of beauty and it was great to be back after 25 years."
"Het al my verwagtinge oortref. Sal vir seker weer Kaapsehoop besoek. 'n Ongelooflike ervaring."