Verified Reviews
North West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North West
Rated 4 out of 5 based on 1921 reviews.
"Kan nie glo hulle doen 3/4 van dorp hoofpaaie regmaak op eentyd nie. 4 blokke op 'n tyd is verstaanbaar en lank nog nie reg nie, mors van tyd en petrol vir besoekers geen aanwysings voor die tyd nie. "
"Lieflike plek wat ek sterk sal aanbeveel. Daar is klasse van verblyf vir elke smaak en prysklas."
"Kosmos het ongelukkig baie agteruit gegaan vandat ek in 2004 daar tuis gegaan het."
Potchefstroom Central, North West
A Tapestry Garden Guest House"Dit is gerieflik naby al die belangrike bestemmings in Potch."
"Alle studente wat ek teëgekom het was vriendelik en het my as vreemdeling met respek behandel."
"Plakkerskampe langs N4 en Optogte wat N4 blokkeer is nogal 'n nagmerrie. Moes 'n ompad ry om daar te kom."
"Naby die "taxi rank" is die grypdiewe baie profesioneel en vinnig. En ongelukkig is dit waar Steers en Fish-aways is. Ek het ook brandstof by die Engen garage langs dit ingegooi en toe ek uitry en stop by die robot het 'n grypdief die linker agterdeur van my motor probeer oopruk om my vriendin se handsak wat op haar skoot was en haar selfoon teen haar oor, te gryp. Genadiglik het ek die knoppie gedruk wat al die deure sluit net nadat ek ingeklim het na betaling van brandstof. So hou jou voertuig deure al die tyd gesluit en natuurlik die motor vensters toe, al is dit ook hoe bedompig in die kar."
"Dit was baie lekker, die enigste negatiewe was dat ons glad nie in die aande kon slaap nie, want ons eenheid was naby an die hoofweg en die geraas van die karre, trokke en trein was bietjie erg."
"Baie netjiese dorp. Restaurante is skoon en netjies en die diens flink en vriendelik. Mense is vriendelik en behulpsaam. Ons kuier graag weer in Lichtenburg. "
"Jy moet veilig kies. Gaan bly by 'n plek wanneer een van jou vriende alreeds daar geslaap het."
"Ons het net deurgery, maar ek is seker as jy bietjie moeite doen is daar heelwat interresante dinge en plekke in Vryburg. Al die dorpies waardeur ons getoer het, het elk hul eie bekoring."
"Opknappingswerk en algemene skoonmaakwerk is broodnodig. Die potensiaal is verseker daar."
"Dorpie is maar oud en vervalle. Ons het vir familie gaan kuier. Sou nie vir sommer net vakansie Vryburg besoek nie."
"Heerlike pizzas by The Grove geëet. Dink dit is 'n goeie oorblyplek as jy die Bosmanfees by Groot Marico wil besoek!"
Pilanesberg National Park, North West
The Kingdom Resort"Het 'n groot verskeidenheid diere gesien in 'n halwe oggend!"
"Kosmos is 'n sekuritietskompleks op die wal van die Hartebeespoortdam. Dis baie veilig en beeldskoon."
"Koster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense wat jou laat welkom voel en word aanbeveel vir 'n lekker wegbreeknaweek."