Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7944 reviews.
"This is really a place to consider if you want to stay over and have a peaceful experience"
"Klein dorpie, het wel daar gaan brandstof ingooi by koöperasie, nie verder verken nie."
"Mense kan gerus die dorpie te voet verken. Gaan kyk veral wat aangaan by die kerksaal, daar is uitstallings en dinge te sien oor die omgewing. Ook is daar allerhande goed van hout tot koek en kospakkies te koop. Ons het kennis gemaak met die dominee se vrou (Gerda), en sy het ons omtrent 'n les gegee in blomme. Sy het ons ook gaan wys in die tuine hoe die blomme lyk en wat hulle name is. Wat 'n belewenis!"
"Ek dink elke toeris wat daardie omgewing met blommetyd besoek, moet op Soebatsfontein oornag. Unieke ervaring. "
"Dit is 'n uitstekende plek om blomme te kyk. Die blomme in die omgewing was fantasties!"
"Dis 'n baie klein dorpie en daar is slegs een kafee waar mens iets kan koop om te eet. Dis rustig daar."
"Loxton is 'n tipiese plattelandse, piepklein dorpie in die Groot-Karoo! Die aanbied van 'n parkrun (5 km) op Saterdagoggende is 'n aanwins vir Loxton."
"Jammer dat die Weskusdorpe so swaarkry met die visfabrieke wat so toemaak en werkloosheid wat lei to baie misbruik van alkohol en bedelaars by die winkels."
"Unfortunately Port Nolloth has been left financially struggling after the collapse of the main original crayfish industry and probably Covid travel restrictions but it did not have much to offer for us."
"Stofstreep deur die Karoo a.g.v omgedolwe paaie en baie verwaarloos voorgekom as gevolg daarvan. Ons was teleurgesteld na almal se romantisering van dié dorpie. Moenie as toeris op 'n Sondag daar aankom en enige lewe vind nie. Kon nie eens iewers 'n openbare toilet vind nie. Omgewing was vreeslik droog, maar dis winter en verstaanbaar onder die omstandighede."
"Vriendelike mense. Lekker om kinders in die straat te sien speel. Die ou wabrug se aanduiding buite die dorp het ontbreek, maar kon dit wel opspoor."
"Port Nolloth het ons verras. Ons het lang ente op die strand gaan stap en het veilig gevoel die hele tyd. Van die inwoners het kom groet en te lekker gesels. Ek kan sien dat 'n mens werklik daar kan rus. Die hotel se aandete was smaaklik. "
"Verken die omgewing. Klim uit die kar en stap. Grondpaaie goed in stand gehou, ’n sedan-kar kan maklik die omgewing goed verken. Ondersteun die teekamer en verkope in die kerksaal gedurende die lente. Om Kuiervreugde te besoek is aan te beveel. Blommekyk is gratis - ondersteun asb. plaaslike ekonomie op soveel ander maniere as moontlik."
"Net 1 nag geslaap en nie juis die dorp besigtig nie. Die Korbeelhuis was toe, jammer genoeg."