Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7944 resensies.
"Ek dink die dorpe het so agteruit gegaan op die pad na Potchefstroom - dis baie teleurstellend. Ek noem dit, met geen diens wat ek in dorpe gebruik het nie en net verby te ry."
"Besoek die Augrabieswaterval en ry oor die brug na Riemvasmaak se warmwaterbron, 'n klein juweeltjie om lekker af te koel tussen pragtige rotsformasies."
"Pragtige area, moenie haastig wees nie en bly nog 'n ekstra dag of twee in Kakamas."
"Ons het slegs daar oorgeslaap op pad huis toe. Maar daar was pragtige blomme op pad na Calvinia."
"Klein dorpie, weet nie regtig of hul iets vir toeriste aanbied behalwe oornagverblyf vir vakansiegangers wat wil oorslaap op hul reis nie."
"Bly gerus vir meer as een nag oor by Kambro. Dis kos vir die siel."
"Het nie veel tyd daar spandeer nie, maar die winkels is netjies. Skoon en vriendelik."
"Dis gerieflik en sentraal vir reise na Suid- en Wes-Kaap, asook Namakwaland."
"An unexpected gem. A small one, sure, but a gem nonetheless."
"Colesberg is 'n bekoorlike dorp met 'n ryk geskiedenis. Inni Kraal is 'n puik restaurant. Heerlikste Karookos."
"Die dorp is aan die agter uitgaan. Armoede en werkloosheid is duidelik sigbaar. Dit is jammer dat die inwoners niks doen aan die onnetheid van die dorp nie. Plastieksakke omring die dorp. Indien dit opgeruim wou word, sal die dorp sommer baie aantrekliker lyk."
"Nieuwoudtville is 'n pragtige, outentieke dorpie met vriendelike, gasvrye mense en 'n lekker eetplek of 2. Ons het gegaan vir die blomme, maar ook die waterval en kokerboomwoud terdeë geniet. Sal volgende keer 3 of 4 nagte bly."
"Ons kan Kamieskroon aanbeveel as bestemming tydens die blommetyd in Namakwaland. Kroon Lodge is vir seker 'n oornagplek wat ek op my lysie van goeie ervaringe sal hou!"
"Rustig. Plek om net lui te wees. Onthou daar's nie brandstof nie. Ook nie eintlik kruideniersware nie. Net basiese goed. Verder is daar lekker stappaadjies."
"Heerlik naby alles wat jy in 'n groot stad sou verwag. Upington is 'n besonderse toerisme-aantreklikheid in die hart van die Noord-Kaap. Bied jou kultuur by die Oranje Wynkelders se kaas- en wynproe noudat die Covid-regulasies dit weer toelaat, met pragtigste vakansieplekke langs die mooi Oranjerivier."
"Uitstekend tydens blommeseisoen en ook as oornagbestemming op reis na Namibië."