Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Die Pienk Padstal is beslis 'n stop wat jy moet doen. Augrabies is ook naby genoeg."
"Dis so jammer om te sien dat die eens baie mooi plek eintlik aan die agteruitgaan is. Die strate is verwaarloos en vuil."
"Heerlike weer en baie mooi. Die strande kan bietjie skoongemaak word veral met al die seegras wat uitspoel en lê en vrot. Dit lok baie vlieë en maak dit dan onplesierig om op die strand te ontspan. "
"Pragtige, redelik netjiese dorpie met baie geskiedkundige huisies. Baie mooi om daar rond te ry en foto's te neem. "
"Was slegs 'n oornag bestemming op pad na Kgalagadi. Die straatjie waarin hotel geleë is, is wel pragtig oorgedoen aan die een kant. Die dorpie het baie potensiaal."
"Baie potensiaal om soos Greyton 'n toeriste aantreklikheid te word as ou geboue bewaar en opgeknap word."
"'n Heerlike verrassing - al is die dam effe leeg. Beslis die besoek die moeite werd!"
"Did not explore Britstown but if one take time to look around, many points of interest could be discovered. "
"Skoonste dorp wat ons nog ooit gesien het. Pragtig. En Ka-Roux restaurant kan ek hoog aanbeveel."
"Weereens was die Februarie besoek buite seisoen, en minder besig, maar dit pas ons so. Die dag toer met die skeepswrakke is 'n moet. Weer was wonderlik die tyd van die jaar. "