Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Die natuurskoon is uiteenlopend, van wingerde tot droeë Karoo en interessante dorpe waardeur 'n mens ry."
"Vriendelike mense. Teerpaaie in die dorp bestaan bykans nie. Vreeslik baie slaggate - lyk regtig sleg."
"Calvinia lê ons na aan die hart en daar is vooruitgang in die dorp, nie soos baie ander dorpe wat agteruitgaan."
"Ek dink Kakamas is 'n oornag-bestemming, en die dorp is maar soos die meeste ander dorpe verwaarloos met rommel wat rondlê."
"Ek ry net altyd deur Colesberg op pad Kaap toe. Hierdie was die eerste keer wat ek besluit het om te oornag. Dit was beslis 'n belewenis en dit gaan die manier wees wat ek in die toekoms reis."
"Baie uit die pad, maar dis 'n mooi dorpie. Jammer dat die museum oor ontdekking van diamante gesluit is as gevolg van afsterwe van kurator."
"Netjiese klein dorpie - goeie oornagplek op pad na vêrdere dele van die Noord-Kaap. Baie vriendelike inwoners."
"Dorp moet d.m.v. kerk en dalk die intervensie van 'n organisasie soos "Betereinders" as dryfveer 'n gemeenskapsgedrewe aksie loods om die strate ooglik opvallend aanvaarbaar te maak. Ongelukkig maar die nagevolge van munisipale bestuur toegewydheid met dienslewering."
"Still love Colesburg as a 1/2 sleep over. Love the 'old school' feel of the town & the lovely restaurants."
"Die Karoo het sy eie bekoring mits jy op 'n plek slaap waar jy die stilte en natuur kan ervaar, gaan stap, braai en die sterre kan waardeer."
"Colesberg lyk nog mooi in vergelyking met van die ander plattelandse dorpies. Ons het al voorheen meer tyd daar spandeer en van die toeristeplekke besoek, daarom het ons dit nie nou weer gedoen nie. Maar daar is baie om te sien en dis 'n mooi plek."
"Keimoes is baie lekker, maar as jy oor 'n naweek of op vakansiedae reis, maak maar seker jy het inkopies gedoen, die Spar maak vroeg toe en daar is net een vulstasiewinkel wat so paar basiese goedjies verkoop."