Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Williston is 'n rustige Karoo-dorp. Daar is 'n restaurant en vulstasies. Williston is ook nie ver van Calvinia af nie."
"Die loadshedding en waterbeperkings maak dit moeilik, pragtige kusdorpie met baie potensiaal."
"Colesberg is 'n welkome oasis op die lang pad tussen die Kaap en Johannesburg. Die Plattelander Restaurant se kos is heerlik, en die diens is persoonlik. Die baie vulstasies en rusplekke maak dit definitief 'n goeie oornagplek."
"Die dorp is verwaarloos, insluitende Die Oog, wat eintlik 'n pragtige plek kan wees. Die visse by die Oog is egter besonders, en die moeite werd om te gaan kyk."
"Die juweelplekkie moet meer bemark word, nee dalk nie, want dan gaan te veel mense soontoe wil gaan."
"Ongelukkig is die verval daar maar dieselfde as wat oraloor in plattelandse dorpe plaasvind."
"The temperature was almost 40 so it was difficult to get to sleep - load shedding did not allow the use of the air conditioning."
"Port Nolloth en McDougallsbaai is wonderlike stil dorpies om vakansie te gaan hou. Die mense is vriendelik, die strande is skoon en is nie oorbesig nie. Jy kan regtig stil raak en ontspan. Die winkels in die omgewing het ook voldoende voorraad van alles wat jy mag nodig kry en personeel is baie vriendelik."
"Die dam was interessant om te sien, verder nie veel anders nie. Vir oornag is dit voldoende, maar vir langer sal ek dalk ander opsies oorweeg."
"Heerlik geleë om van hier af blomme te kyk of net weer op die N7 jou reis verder te voltooi."
"Great place to stay en route your travel adventures in the Karoo. Great skaapstertjies!"