Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 938 reviews.
"Lieflike dorp, met so baie natuurskoon, winkeltjies en aktiwiteite om die hele gesin besig te hou."
"Parys is pragtig en die atmosfeer is heerlik, maar op elk hoek word jy lastig geval deur bedelaars. Dit maak jou besoek regtig onsmaaklik. Daar behoort opgetree te word teen die gedrag."
"Dit is 'n jammerte dat daar sigbare agteruitgang in die plattelandse dorpe is. Die winkeltjies in die hoofstraat is pragtig, maar die area langs die rivier is rommel besaai weens die verskillende etniese groepe wat daar piekniek hou en hulle rommel en drankbottels net so los."
"Ek en my man is gereelde besoekers aan Parys en bly gewoonlik oornag of vir twee aande. Akkommodasie is oor die algemeen van 'n hoë standaard. Die een ding wat ons opmerk is die agteruitgang van die strate en sekere geboue, bv. die publieke kliniek en die "Independent Electoral Committee" kantore."
"Die hoofstraat wat deur die dorp en dus ook die toerismemiddelpunt loop is bietjie lastig."
"So baie om te sien en te doen in die omgewing, wens ons het meer tyd gehad!"
"Wonderlik om te sien hoe die dorp vooruitgaan na ons vorige besoek twee jaar terug. Die mense is uitermatig vriendelik. Gaan beslis 'n meer gereelde bestemming op my lys wees."
"Sal weer soontoe gaan, het rustige atmosfeer langs rivier gesoek, sal net seker maak volgende keer vir ander blyplek."
"Ons kon nie veel doen in Parys nie omrede ons net vir 'n kort tydperk daar was vir 'n troue en met die baie reën was dit nog moeiliker om alles te besigtig wat ons wou. Die winkeltjies in die hoofstraat het ons dadelik beïndruk. Ons het net baie slaggate gehad in die pad wat ons moes ry na The White Giraffe, Schilbach Street. Hoop ons kan weer eendag terugkeer na Parys om langer tyd te spandeer."