Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 589 resensies.
"Vir 'n plek wat buitelandse gaste ontvang as gevolg van die universiteit, lyk die pad se gehalte baie sleg en skep nie n goeie indruk nie."
"Lekker besig met die studente, net genoeg om jou weer te laat hunker na jou jongdae. Vriendelike mense en goeie winkels."
"'n Wonderlike plek, baie besienswaardighede. Beste koopgeriewe en heerlike uitstallings. Restaurante te kies en te keer."
"I didn't realise how much colder Potch was than Johannesburg until spending a couple of nights in the region in late August. Fortunately the Ancient Copper Shed has many blankets and a fireplace."
"Pragtige, geskiedkundige studentedorpie met Afrikaans as voertaal ook in die restaurant waar ons geëet het."
"Alles draai rondom die student, as jy as ouer van student in Potch moet oornag, oorweg gerus A Touch of Grace."
"Lieflike dorp, vele besienswaardighede, vriendelike mense wat Afrikaans praat."
"Die paaie is vol gate en 'n mens moet versigtig ry. Alle dorpe lyk deesdae maar so."