Geverifieerde Resensie
Shaka's Rock
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Shaka's Rock bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 112 resensies.
"Great location to completely relax. Quite a few excellent restaurants. Lovely beaches, great swimming. Close to the airport. "
"In terms of a tourist attraction there isn't much to do or see but definitely worth it for a quiet and peaceful holiday escape."
"Lieflike omgewing, baie restaurante om en naby genoeg sonder om te ver te gaan, was net baie besig, maar dit is te verwagte vir Desember-vakansietyd."
"Dit hang af van wat n mens of gesin wil doen. Ek werk in Wes-Afrika al vir drie maande en as ek bietjie huis toe te kom wil ek so rustige see-uitsig en private plekkie hê om te geniet. Lekker eetplekke is orals, net somer om elke hoek."
"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."
"Heerlik sentraal, lieflike strandjies aan weerskante. Genoeg om te doen. Sal beslis Shaka's Rock aanbeveel en self teruggaan."
"Flag Animal Farm is 'n wonderlike uitstappie vir die kinders! Probeer ook Waterberry Cafe in Ballito - baie kindervriendelik!"
"Shaka's Rock is gerieflik geleë tussen Ballito en Salt Rock, wat mens die keuse bied om enige van die gemelde plekke se winkelsentrums te besoek."
"Baie skoon strand, lekker vir stap en visvang. Jy kan swem ook, maar dit was 'n bietjie rof met hoogwater. Daar is swempoele as jy daarvan hou."