Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2082 resensies.
"Skoon en rustig, ek sal by die winkel bietjie meer goed hê en 'n vrieskas wat daar dalk soos wors verkoop."
"Ons wou by Ramsgate blou vlag strand gaan swem maar strand was toe agv besoedelde water. Margate hoofstrand en Lucien strand is ook later toegemaak. Ons het toe Uvongo toe gery en daar geswem."
"Dit is 'n baie lekker vakansiebestemming. Sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."
"Gerieflik naby aan Durban en ander besienswaardighede geleë. Jammer dat ontoereikende inligting omtrent die strande nie behoorlik deugegee word nie Ons kon net Amanzimtoti in die onmiddelike omgewing gebruik. Die ander is onveilig of nie vir gebruik oopgemaak nie. En het toe Umhlanga toe gegaan. Dit was egter redelik maklik en ons besoek by uShaka was gerieflik. Groot Pick n Pay en Spar loopafstand vanaf eenheid."
"The beaches in Bazley were dog-friendly, although McNichols was not (and that was a shame as it looked beautiful). Although all of the beaches nearby all indicate that dogs would not be welcome, the locals turned a blind eye and advised that they did walk dogs on many of those beaches in Pennington etc."
"Die area is op 'n baie mooi plek geleë. Ons het veilig gevoel. Daar is baie CPF en sekuriteit orals gesien."
"Kingsburgh het 'n baie klein variance van goed wat jy kan doen. Die hoofstraat is meestal eetplekke."
"Ek sal nie van Margate se swemstrande gebruik maak nie maar die strand by Lucien en die strand by Manaba is aan te beveel. Veilig en skoon."
"Pennington en Umdoni, twee pragtige besoekpunte aan die Suidkus."
"A good location for diving is Aliwal Shoal and Crocworld Nature Park."
"Margate het verval. Eet plekke onder invloed van mense in aande en naweke. Nie meer toeriste trekking wat hy was nie. Meeste besighede toe. Uvongo en omliggende strande meer familie vriendelik"
"Lagoon langs Ocean Breeze het gestink en vuil water in die see geloop wat baie rommel op die stand laat uit spoel het, wat baie harsteer is. Anders is dit rustig en veilig."
"Rustige en skoon omgewing. Ons het baie vriendelike mense by die twee restaurante ontmoet."
"As jy net wil lekker rus en ontspan is dit ideaal. Tieners sal dalk verveeld raak."