Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Champagne Castle, Drakensberge, Suid-Afrika
Bell Park Semi Self Catering"Monk's Cowl is 'n gunsteling by ons gesin. Dit is die beginpunt van verskeie staproetes, van rustig tot moeilik. Mense hoef nie ver te stap om die eerste waterval of woud te sien nie. Die pad is goed, teerpad, en mens kan tot daar kom met 'n sedan. Ongelukkig kon ons nie vanaf Drakensberg Sun stap nie as gevolg van vlak 2-regulasies, bel eerder vooruit om te hoor of hulle dit toelaat."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Views"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
God's Gift Self-catering Cottage"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Villa 176 @ Clarens"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Emden Bass"Ons was nie in Fouriesburg self nie. Omgewing is baie mooi!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Mont Rouge"Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Mountain Sage Self-care"Sien julle binnekort weer, ons kan maar net nie wegbly nie!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
La Bri"Clarens is 'n lieflike wegbreek, met klomp "hidden gems" orals, as jy net mooi soek."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rooiberg View Clarens"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
La Bri"Daar is net te veel om oor te gesels. Gaan net. Jy sal nie spyt wees nie."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Lesoba Guest Farm"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."
Champagne Castle, Drakensberge, Suid-Afrika
Swallowfield Rondavels"Dit is te besig vir ons behoeftes, ons verkies die stil en rustige atmosfeer."
Champagne Castle, Drakensberge, Suid-Afrika
Berghaven Cottages"Baie om te doen en pragtige, rustige, vreedsame natuurskoon."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
De Ark Mountain Lodge"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "
Underberg, Drakensberge, Suid-Afrika
Pin Oak Cottage"A lovely getaway area with stunning views. At the moment driving up to Underberg is rather concerning as the R617 has some serious potholes. However road works are taking place at certain spots. Travel carefully if going there."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Talking Trees Self-Catering House"Dit raak net te besig deesdae. "
Ladybrand, Drakensberge, Suid-Afrika
Ladybrand Heritage House"Die dorp se paaie kort maar aandag soos baie plattelandse dorpe in ons mooi land!"
Clocolan, Drakensberge, Suid-Afrika
Vlakbult Guest Farm"Wat ek daar gesien het was maar net nie wat ek verwag het nie. Die toestand waarin die strate en omgewing is, sien ons nie hier in Hartenbos nie. Selfs die kitsbank, waar ek wou geld trek, was al die tweede dag buite werking, soos aan my vertel is."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Cherry House" Baie mooi dorpie, ideaal vir 'n rustige wegbreek van die lewe se gejaag. "