Geverifieerde Resensie
Swakopmund
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swakopmund bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 124 resensies.
"Swakopmund is vir ons gesin een van die mooiste dorpies in die wêreld. Die vreeslike groot kontras tussen die warm woestyn - verlate sover jou oë kan sien - met perfek gevormde sandduine op sandduine, teenoor die koue see aan die anderkant, wat glad uitstrek tot op die horison maak dit net die mooiste plek op aarde. Baie lekker om soveel Duits en Afrikaans te hoor in Swakopmund."
"Jy nodig vervoer om rond te reis. Winkelsentrum kan bereik word deur 20-30 minute stap. Daar is baie taxi’s, maar hulle is nie baie eerlik nie."
"Vogelstrand is lekker sentraal en die see gedeelte het pragtige spoelklippe aan die een kant en seesand aan die ander kant. Pragtige strand al is die water te koud om regtig te wil swem."
"As see uitsig nie belangrik is, is dit heerlik stil en buurt is netjies met Spar naby vir benodigdhede."
"Naby aan Swakop se middedorp, strande, Dome met sportaktiwiteite en message/spa geriewe by nabygeleë hotel."
"Vineta is sentraal geleë in Swakopmund, naby alles wat 'n toeris of sakereisiger nodig het, maar stil en rustig."
"Pragtige geboue, rustige atmosfeer, mooiste uitsig van balkonne af."
"Lieflike dorp met baie besienswaardighede en lieflike winkels. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Oor die algemeen - by die winkelkies was mense baie vriendelik en behulpsaam met 'n glimlag, die dorp het netjiese en skoon voorkoms, sal dit aanbeveel vir mense wat die eerste keer Namibië toe gaan. Ons het nou wel nie 'n vis gevang nie, maar ons het die reën in die woestyn gevang en lekker "suntan". Kos is wel baie duur so maak seker jou beursie is goed gepak vir die trippie. "