Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1617 reviews.
"Modimolle is 'n juweel met baie potensiaal. Ons het dit baie geniet en is reeds besig om ons volgende wegbreek daarheen te beplan."
"Die waterberge stel ons nooit teleur nie. Waterberg trek altyd sy beste baadjie aan!"
"Modimolle is 'n klein dorp met 'n groot hart. Baie goeie ligging vir heerlike wegbreke."
"Hopelik word die strate sommer gou weer reggemaak. Nogal 'n gemors as beide verkeer op een rigting moet ry sonder enige waarskuwingstekens enige plek nie!"
"Net een word! Naboomspruit is tops. 100% reg vir ’n toeristebestemming. Naboomspruit het baie potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van toerisme."
"Verskriklik mooi veilig, en vriendelik, die omgewing is vars en mense vriendelik. Lekker baie hout en lekkernye by padstalle, vrugte, neute, you name it. Lekkerrrrr, natuurlik ook pragtige bokke en ander wild."
"Wanneer als toeristen B&B de bezetting toeneemt zal de rust voor de zakenreiziger afnemen. Maar of dat een reden is je niet op toeristen te richten? De zaken reiziger is wellicht meer gebaat bij eenpersoonskamers, dus als er uitgebreid gaat worden zou daar een hogere bezetting gescoord kunnen worden. "
"Ek het my hele skoolloopbaan op Mookgopong deurgegaan, is 'n pragtige en rustige dorp. Daar is baie toeristebestemmings om Mookgopong."
"Ons kon die nodige daar vind. Die Wimpy koffie was tops en die diens puik. Sal net nie die publieke toilette aanbeveel nie."
"Ons was by Windpompfees. Ons wou nog die Sondag kuier en iets doen maar kon nie iets kry wat aanbeveel word nie."
"Baie mooi area, wil nog daar eksploreer want ek dink dit is fantasties vir lang naweke en het baie 'hidden treasures' om te soek en ervaar."
"Dit is gewoonlik ons bestemming vir 'n langnaweek. Son, natuur en skoon lug. Wat meer kan ons stadsjapies vra."
"Mal oor Naboomspruit, was nou al by twee verskillende plekke in Naboomspruit en altwee die moeite werd!"
"Bela-Bela is baie gerieflik naby aan Pretoria wat dit 'n uitstekende area maak vir kort wegbreke met klein kindertjies."
"Dit is skoon, gerieflik, veilig en die atmosfeer is vriendelik en rustig. Hou dit so!"
"Apart from the hot springs, not much else to do in the town itself. Interesting stalls and markets on the outskirts though. A good place to relax and unwind."
"Naboomspruit oor die jare is nog altyd 'n knus dorpie waar jy van 5-ster-verblyf, die Groot 5, kamp tot visvang kan beleef. "