Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Lambertsbaai is baie lekker plekkie om vakansie te hou en baie veilig om te bly. Ek sal Lambertsbaai aanhou kies om vakansie daar te gaan hou."
"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."
"Die blomme en omgewing is prentjiemooi, dit is net op die oomblik ontsettend droog. Kort baie dringend deurdringende reën."
"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."
"Lots of restaurant choices. Spar for shopping if self-catering. Real fishing village."
"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "
"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."
"Klein dorpie, maar vol saligheid en vrede. Daar is 'n eetplek en wynproe op die hawe. Ons het ook plaaslike vissersbote ingewag as hul van die see af kom om te kyk na hul dag se vangs, terwyl die vuurtoring oor ons waghou. Mooiste grondpaaie in omgewing vir verkenning. Strandfontein baie naby en het ook heerlike eetplek met mooiste uitsig oor die see."
"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "
"Elandsbaai is vir toeriste wat absolute stilte en rustigheid soek. Die restaurant in die hotel lewer voortreflike diens. Daar is nie winkels wat 'n groot verskeidenheid kruideniersware het nie, maar die wat daar is, het in ons behoeftes vir die 5 dae voorsien. Om die kilometers lange ysterertstreine te sien was 'n absolute belewenis!"
"Daar is nie veel in Klawer te sien of te doen nie, maar gelukkig is daar dorpies soos Vredendal in die nabye omgewing wat meer bied in die vorm van restaurante, ens. "
"Muisbosskerm op die strand, is ook 'n aanbeveling. Dis 'n belewenis en uiters rustige en gesellige restaurant op die strand. Die dorp is skoon en ons het deurentyd veilig gevoel."
"Die plek is asemrowend mooi! Rustige atmosfeer waar kinders nog in die strate speel. Inkopiegeriewe is min. Daar is een algemene handelaar waar jy net die mees basiese produkte kan kry. Eetplekke is daar genoeg van. Daar is 'n drankwinkel ook. Dit is 'n arm dorpie (ten spyte van al die nuwe verblyf wat gebou is vir meer welvarende mense) en as sulks is daar heelwat bedelaars."
"Love the West Coast and the people that live there as they are friendly and warm. "