Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Moenie Pietie se Vleishuis misloop nie. Net die beste Butterfly tjops en kerrie lamsosaties."
"Dis so mooi op Paternoster. Blikkies Pizzaria was wonderlik en ek kon my hond soontoe vat, was absoluut 'n perfekte naweek! Sal beslis weer hierheen kom!"
"Central to travel on the Western Cape West Coast, e.g. West Coast National Park, Vredenburg, Paternoster and the Peninsula."
"Die bestemming het klein juweeltjies wat mens nog seker moet ontdek. Die strand met baie voëllewe was fantasties en die klompie klein winkeltjies 'n aanbeveling - kan daar lekker rondsnuffel vir oulike geskenkies."
"The town seemed somewhat deserted and we were surprised to find several restaurants closed. This was probably due to the time of year when the weather is usually cold, plus the downturn in the economy of SA, leaving people with less discretionary income. Fortunately someone directed us to Isabella's, which offered outstanding food and good service."
"Klein dorpie, weg van als. Algemene handelaar met alles wat jy benodig."
"Die dorpie het vanaf 2018 tot nou effe agteruit gegaan en ek was vir al teleurgesteld dat Bird Eiland so agteruit gegaan het en verwaarloos voorgekom het. Baie van die inligtingsborde was byna onleesbaar en by die inligting sentrum was daar geen TV's met inligting, swak diens en die hele plek het baie verwaarloos voor gekom. Dit is 'n groot jammerte want ek voel dit is 'n groot aantrekkingspunt vir toerisme."
"Ons het van die naby geleë restaurante gebruik gemaak. Dit is 'n pragtige en veilige area."
"We went to Darling to the Voorkamerfees so did not spend much time in Yzer. However, we did a lovely walk on the beach."
"Lambertsbaai is vir mense wat net wil gaan rus en niks doen. Daar gaan nie baie aan buite seisoen nie."
"Weskusblomme en puik seekosrestaurante, plus oulike winkeltjies en asemrowende mooi sonsak-uitsigte by die strand."