Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.
"Elandsbaai is 'n pragtige klein stranddorpie met 'n lang strand vir lekker loop. Dis net 2 ure Nieuwoudtville toe (vir blomkykers) en 'n goeie basis waarvandaan die streek verken kan word. Dis nou as jy nie elke dag net langs die strand wil lê of loop nie!"
"Dis 'n pragtig klein see dorpie met vriendelike mense en die natuur is pragtig. Daar is tot 2 volstruise wat soms rustig in die strate op en af stap."
"Beautiful town, fantastic walks, prolific bird life, an explosion of flowers and the most amazing red sea sunsets. "
"See, fynbos, baie veilig en vriendelike mense. Fantastiese plek. Ideale leefstyl!"
"Lambertsbaai is baie lekker plekkie om vakansie te hou en baie veilig om te bly. Ek sal Lambertsbaai aanhou kies om vakansie daar te gaan hou."
"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."
"Die blomme en omgewing is prentjiemooi, dit is net op die oomblik ontsettend droog. Kort baie dringend deurdringende reën."
"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."
"Lots of restaurant choices. Spar for shopping if self-catering. Real fishing village."
"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "
"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."
"Klein dorpie, maar vol saligheid en vrede. Daar is 'n eetplek en wynproe op die hawe. Ons het ook plaaslike vissersbote ingewag as hul van die see af kom om te kyk na hul dag se vangs, terwyl die vuurtoring oor ons waghou. Mooiste grondpaaie in omgewing vir verkenning. Strandfontein baie naby en het ook heerlike eetplek met mooiste uitsig oor die see."
"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "
"Daar is beslis heelwat op Velddrif te doen en ’n mens kan ’n tydjie daar deurbring net om na die voëls te kyk. Baie oulike restaurantjies. "
"Elandsbaai is vir toeriste wat absolute stilte en rustigheid soek. Die restaurant in die hotel lewer voortreflike diens. Daar is nie winkels wat 'n groot verskeidenheid kruideniersware het nie, maar die wat daar is, het in ons behoeftes vir die 5 dae voorsien. Om die kilometers lange ysterertstreine te sien was 'n absolute belewenis!"
"Daar is nie veel in Klawer te sien of te doen nie, maar gelukkig is daar dorpies soos Vredendal in die nabye omgewing wat meer bied in die vorm van restaurante, ens. "