Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"During peak flower season it's a nice day trip to take, the lagoon is nice but mostly crowded with other beach goers, however the water is nice for a cool-off and clear if you want to do some snorkelling."
"In die lente is dit pragtig, maar die winters is koud en die somers is warm en winderig."
"Die bootrit in hawe is beslis 'n moet-doen. Die dolfyne en robbe was asembenemend. Die sonsondergange ook. Nee wat, puik plek. Nou nie Gautengers en Natallers se idee van swemsee nie. Water vriesend koud. Muisbosskerm in totaliteit over priced. Eintlik 'n skande."
"Dorp op sigself was redelik skoon met min plastiek en papiere wat in strate rondlê. Kan moontlik net 'n goeie aandenkingswinkel met bruikbare items begin. Personeel by OK baie vriendelike en behulpsaam."
"Beste kos by die Weskus Kombuis. Die gids by Voël-eiland was so vriendelik en het vrylik sy kennis gedeel met ons. Dit was die hoogtepunt van ons besoek. "
Longacres Country Landgoed, Weskus
Camelot Cottages"Dis pragtig, veral omdat ons in die begin van lente daar was. Die rustigheid was wat ons nodig gehad het."
"Elandsbaai is 'n pragtige klein stranddorpie met 'n lang strand vir lekker loop. Dis net 2 ure Nieuwoudtville toe (vir blomkykers) en 'n goeie basis waarvandaan die streek verken kan word. Dis nou as jy nie elke dag net langs die strand wil lê of loop nie!"
"Dis 'n pragtig klein see dorpie met vriendelike mense en die natuur is pragtig. Daar is tot 2 volstruise wat soms rustig in die strate op en af stap."
"Beautiful town, fantastic walks, prolific bird life, an explosion of flowers and the most amazing red sea sunsets. "
"See, fynbos, baie veilig en vriendelike mense. Fantastiese plek. Ideale leefstyl!"