Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.

St. Helenabaai, Weskus

Forever Blue

"Daar is baie besienswaardighede naby Paternoster en ander strande. Sal mense kan aanbeveel vir 'n vakansie."

Doringbaai, Weskus

Die Anker Guesthouse

"Plaasvars West Coast town with some lovely coves, hiking paths and other attractions. The litter on the beaches and aforementioned paths is, however, really off-putting. In addition, we saw a number of youths breaking bottles on the boat launch ramp soon after we walked by who swore at us when we challenged them."

Paternoster, Weskus

Strandlopertjie

"Ideale plek om net weg te kom om te kom rus."

St. Helenabaai, Weskus

Zeezicht Apartments

"Daardie stukkie aarde het my hart gesteel! Ek sal mense oor en oor aanbeveel om dit self te gaan beleef."

Paternoster, Weskus

Dreamcatcher Mint

"Pragtige dorpie met uitstekende restaurante. "

St. Helenabaai, Weskus

Harbour Views

"Daar is nie plek vir swem nie. Ons moes uit St Helena baai ry vir kinders om te swem. Die enigste eetplek wat ons kon kry was by die hawe. Maar die kos was lekker."

Paternoster, Weskus

Potters Rest Studio 1

"Mooiste Weskusstrand. "

Yzerfontein, Weskus

Chez James

"Pragtige dorp met baie lekker kuier plekke en als wat mens benodig!"

Strandfontein, Weskus

Skulpies Accommodation

"Baie mooi skoon dorpie met 'n pragtige mooi swemstrand as jy bereid is om die atlantiese oseaan se koue te trotseer."

Dwarskersbos , Weskus

Jubel n Juig Self-Catering

"Pragtige, lang, wit strande. Hier kan mens jouself hoor dink."

Lambertsbaai, Weskus

Albatross No. 6

"Ons was aangenaam verras met die dorp. Die Bird Island 'n absolute moet om te besoek. Mense is gasvry en het ons tuis gevoel oral waar ons gekom het. Isabella's Restaurant was 'n wenner."

St. Helenabaai, Weskus

Shelley Point Cottage

"Veilig, pragtige strand en heerlik stil. Beslis 'n plek om vakansie te hou."

St. Helenabaai, Weskus

Whale n Daisy

"Baie lekker plek om rus te kry vir jou siel. "

Velddrif, Weskus

Laaiplek Hotel

"Velddrif kan groei in 'n lekker toeristebestemming. So 'n plek soos Laaiplek Hotel sal moet opgradeer met hulle diens."

Paternoster, Weskus

Hart-se-Punt

"Rustige kusdorpie waar jy net kan rus."

Klawer, Weskus

Oasis Country Lodge

"Rustige dorpie. "

Velddrif, Weskus

Russell's on the Port

"As jy 'n voëlkyker en fotograaf is sal die Bergrivier jou aanstaan, want daar is regtig 'n besonderse verskeidenheid watervoëls. Of as jy jou eie boot het en lief is vir visvang. Verder is daar min om te sien en sal Paternoster meer aan te beveel wees."

Velddrif, Weskus

Port Owen Marina

"Ons sal graag wil eendag op die boat trips gaan wat daar deur beweeg, ons was ook by die jetty waar hulle visvang."

Paternoster, Weskus

Oom Dana se Huis

"Paternoster is baie spesiaal. Hoogs aanbeveel."

Lambertsbaai, Weskus

Xamarin Guest Farm

"Ek hou van Lambertsbaai maar te besig om uit te ry plaas toe is bonus."

Paternoster, Weskus

La Baleine Beach House Collection

"Weskus op sy mooiste! Bied geleentheid om rustig te wees, maar daar is ook lekker baie om te doen as mens lus is daarvoor."

St. Helenabaai, Weskus

27 On Ray

"Rustig plek, tiener was bietjie verveeld."

Dwarskersbos , Weskus

Tumble-in

"Dwarskersbos het die laaste paar jaar geweldig uitgebrei, met rye en rye vakansiehuise en nog baie meer ontwikkelings wat beplan word. Dit is dus nie meer die piepklein, doodstil Weskusdorpie wat dit eens was nie. Die strande is egter steeds toeganklik en mens kan baie ver stap op die wit sand. Daar is oulike restaurante in Velddrif, bv Teyana's is op die rivier met 'n pittige musikant en lekker kos. Halfpad Velddrif toe is So-verby restaurant - 'n juweel met 'n lieflike see-uitsig, lekker kos en pragtige kunswerke. Ry gerus Lambertsbaai se kant toe en stop by die Skooltjie Padstal vir plaaslike produkte. Vars vis kan gekoop word by die NOSSAP winkels in Velddrif, maar as hulle toe is (bv. Saterdagmiddag en Sondae) kan die gevriesde vis by die gerieflike Velddrif Spar aanbeveel word. Die Spar het goeie kwaliteit vrugte, groente en wye verskeidenheid kruideniersware. Die gawe mense by Dwarskersbos se plaaslike Mini Mark het ook basiese benodighede bv. hout en roomys."

Yzerfontein, Weskus

Zeehuijs

"Pragtige dorpie en daar is baie interessante 'dinge' om daar te doen asook in die omgewing. 'n Mens kan maklik uit ry na ander dorpe in die omgewing."

Vredenburg, Weskus

Hier Rus Ons

"Baie naby aan 'n paar strande. Lekker in die middel. Sukkel net om 'n ordentlike winkel op Sondae en later in die dag te kry."

Blad
Blad 80 - Wys 2371 tot 2400
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang