Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Op St. Helenabaai self is nie baie om te doen nie tog het dit heelwat uitgebrei sedert ons laaste besoek daar. Wat lekker is, is mens kan van daar heelwat ander Weskusdorpies besoek soos bv. Paternoster en Port Owen wat baie mense tog ken."
"Groot kruidenierswinkel met alles wat benodig word, uiteetwinkels vir kitskos en vele restaurante. Apteek ook beskikbaar. Vriendelike inwoners en almal behulpsaam."
"Die mooiste, skoonste dorpie in die Weskus. Pragtige strand en sonsondergange."
"What a gem! This is a beautiful bay with an endless beach. Nice destination for snorkelling, diving for crayfish and spearfishing."
"St Helena Bay is an awesome middle point between Velddrif and Paternoster so you can explore quite a lot. The beach was calm, clean and not very busy. We spent a lot of time relaxing in the waves. Perfect if you would like a quiet getaway from the hustle and bustle."
"Die omgewing is netjies en skoon en 'n positiewe beeld wat uitgedra word deur die inwoners en plaaslike Munisipaliteit."
"Gawe mense, rustig, maar te afgeleë vir ons smaak. Rede vir kuier was om by 'n verjaardag te wees. Alegria restaurant was onverbeterlik."
"Ek sal meer winkels wat alledaagse goed verkoop verkies. Vervoer was 'n problem daar was geen Uber of ander taxi-fasiliteite nie."
"Die dorp is nie vir aktiwiteite nie maar meer 'n lekker rustige oorslaap ervaring. Bring eie kos op Sondae en Maandae want die restaurante se ure is nie soos 'n stad nie."
"Daar is baie besienswaardighede naby Paternoster en ander strande. Sal mense kan aanbeveel vir 'n vakansie."
"Plaasvars West Coast town with some lovely coves, hiking paths and other attractions. The litter on the beaches and aforementioned paths is, however, really off-putting. In addition, we saw a number of youths breaking bottles on the boat launch ramp soon after we walked by who swore at us when we challenged them."
"Daardie stukkie aarde het my hart gesteel! Ek sal mense oor en oor aanbeveel om dit self te gaan beleef."
"Daar is nie plek vir swem nie. Ons moes uit St Helena baai ry vir kinders om te swem. Die enigste eetplek wat ons kon kry was by die hawe. Maar die kos was lekker."