Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6636 reviews.
"Velddrif is altyd 'n mooi plek om te besoek en mense baie gasvry. Ons is baie lief vir Velddrif!"
"Lamberstbaai het baie versteekte juwele was jou vakansie baie genotvol kan maak. Die ete by Isabella's en die bootrit saam met Riaan kan aanbeveel word."
"Fantastiese natuurskoon. Inwoners is nie baie vriendelik nie. Het onveilig gevoel. Baie bedelaars. Van hulle is baie intimiderend."
"Fantastiese Weskusdorpie, ons was net teleurgesteld in die kwaliteit van meeste restaurante se kos en dis baie "overpriced", veral vir ons wat in rand betaal."
"Paternoster is 'n wonderlike klein vissersdorpie wat baie aan die toeris bied. Uitstekende restaurante, kuierplekke en interessante dinge om te doen. Ons wou nog 'n dop in die Panty bar gaan drink het, maar het nooit daarby uitgekom nie. Ons tyd daar was net te kort. Ons het wel een keer uitgery na Velddrif / Laaiplek en dit was 'n teleurstelling en tyd mors. Sal dit nie weer doen nie."
"Ongelooflike mooi omgewing met natuur, strand, stilte en heerlike weg kom. Dalk net 'n voorstel om 'n strandskoonmaak te reël tussen inwoners. Dis nie lekker om te sien dat strand so vuil is nie, was so mooi skoon toe ons April 2021 maand daar was."
"I think with the new mall coming it will then be just sufficient and not overcrowded. It's very nice walking along the seashore."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Klawer is great for wine farms and tranquility, but recommend going to Vredendal for better grocery and admin needs."
"Beslis beeldskoon en uiters rustig, soos net die Weskus kan bied. Daar is ook genoeg lekker eetplekke in die nabye omgewing."
"Dalk 'n bietjie groter algemene handelaar en beheer oor die straatsmouse. Paternoster bied uitstekende restaurante. Sou langer wou bly om almal te ondersteun."
"Verlief op Strandfontein. Dis 'n heerlike plek en perfek vir strandstap en het sommer vele oulike plekke ontdek. Kos vir my siel dié plek."
"I thought my hometown, Cape Town, was the most beautiful place - until I experienced St Helena Bay. There are no horrible grey buildings, no traffic jams, no exorbitant amounts of litter or the air smelling like pollution. If I could, I would move to St Helena Bay permanently. I absolutely love it there."