Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"As jy pragtige stukkie weskus wil beleef met baie minder voete oor die feestyd, is St. Helenabaai die plek vir jou! Ons het heerlik gekuier en kon ons batterye lekker herlaai vir die nuwejaar!"
"Dis sentraal en wat dit lekker maak is, dis naby die see en al die omliggende plekkies is lekker en mooi."
"Ek beveel aan dat as jy kom, dalk soveel as moontlik inkopies saambring, want die winkels daar is klein bietjie duurder as binneland."
"Op St. Helenabaai self is nie baie om te doen nie tog het dit heelwat uitgebrei sedert ons laaste besoek daar. Wat lekker is, is mens kan van daar heelwat ander Weskusdorpies besoek soos bv. Paternoster en Port Owen wat baie mense tog ken."
"Groot kruidenierswinkel met alles wat benodig word, uiteetwinkels vir kitskos en vele restaurante. Apteek ook beskikbaar. Vriendelike inwoners en almal behulpsaam."
"Die mooiste, skoonste dorpie in die Weskus. Pragtige strand en sonsondergange."
"What a gem! This is a beautiful bay with an endless beach. Nice destination for snorkelling, diving for crayfish and spearfishing."
"St Helena Bay is an awesome middle point between Velddrif and Paternoster so you can explore quite a lot. The beach was calm, clean and not very busy. We spent a lot of time relaxing in the waves. Perfect if you would like a quiet getaway from the hustle and bustle."
"Die omgewing is netjies en skoon en 'n positiewe beeld wat uitgedra word deur die inwoners en plaaslike Munisipaliteit."
"Gawe mense, rustig, maar te afgeleë vir ons smaak. Rede vir kuier was om by 'n verjaardag te wees. Alegria restaurant was onverbeterlik."
"Ek sal meer winkels wat alledaagse goed verkoop verkies. Vervoer was 'n problem daar was geen Uber of ander taxi-fasiliteite nie."