Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6819 resensies.
"Gawe mense, rustig, maar te afgeleë vir ons smaak. Rede vir kuier was om by 'n verjaardag te wees. Alegria restaurant was onverbeterlik."
"Ek sal meer winkels wat alledaagse goed verkoop verkies. Vervoer was 'n problem daar was geen Uber of ander taxi-fasiliteite nie."
"Die dorp is nie vir aktiwiteite nie maar meer 'n lekker rustige oorslaap ervaring. Bring eie kos op Sondae en Maandae want die restaurante se ure is nie soos 'n stad nie."
"Daar is baie besienswaardighede naby Paternoster en ander strande. Sal mense kan aanbeveel vir 'n vakansie."
"Plaasvars West Coast town with some lovely coves, hiking paths and other attractions. The litter on the beaches and aforementioned paths is, however, really off-putting. In addition, we saw a number of youths breaking bottles on the boat launch ramp soon after we walked by who swore at us when we challenged them."
"Daardie stukkie aarde het my hart gesteel! Ek sal mense oor en oor aanbeveel om dit self te gaan beleef."
"Daar is nie plek vir swem nie. Ons moes uit St Helena baai ry vir kinders om te swem. Die enigste eetplek wat ons kon kry was by die hawe. Maar die kos was lekker."
"Baie mooi skoon dorpie met 'n pragtige mooi swemstrand as jy bereid is om die atlantiese oseaan se koue te trotseer."
"Ons was aangenaam verras met die dorp. Die Bird Island 'n absolute moet om te besoek. Mense is gasvry en het ons tuis gevoel oral waar ons gekom het. Isabella's Restaurant was 'n wenner."
"Velddrif kan groei in 'n lekker toeristebestemming. So 'n plek soos Laaiplek Hotel sal moet opgradeer met hulle diens."