Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Ons was op 'n baie stil tyd daar so daar het nie veel aangegaan nie, maar dis nie 'n probleem nie. Het uitgesien om Muisbosskerm te gaan ondersteun, maar hulle is hopeloos te onbekostigbaar. In ons groepie is 3 ouer mense wat glad nie die kos sal kan eet wat daai prys regverdig nie. Wat van verskillende pakkette daar?"
"Dis 'n baie mooi plek. Rustig en baie besienswaardighede. Sal weer vir seker kom. Ek sal dit vir seker aanbeveel vir enige een. Die ondervinding was asemrowend. "
"Oulik en rustig! Almal is ongelooflik vriendelik! Maak gerus 'n draai by Alle Dingen - puik diens en heerlike kos!"
"Elandsbaai is 'n skoon, netjies dorp, en almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Yzerfontein is safe and the residents are friendly they were waving at us from their cars when we did our morning walk. We had drinks at Lulas on Saturday morning as well as dinner the evening it was value for money and really nice place to be. The bar next to Lulas was also nice for the sport lovers. Definitely a great holiday destination!"
"Pragtige dorp waar ek vrou alleen veilig, vroegoggend, met ons hond op die strand kon gaan stap."
"Dit is 'n pragtige klein dorpie, die mense is ongelooflik vriendelik. Daar is genoeg restaurante om in almal se guns te val. 'n Definitiewe moet om 'n vakansie in Paternoster op jou bucket-lys te sit."