Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons ken Worcester en omgewing. Vir ons altyd lekker om daar verby te ry en iets te geniet."
"Pragtige plekkie, netjies en veilig. Dis 'n goeie plek vir 'n rustige lewenstyl."
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Wat 'n pragtige omgewing. Het baie blommetjies gesien en het Tietiesbaai ontdek. Asemrowende uitsig en natuur."
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
"Ons kom gewoonlik ook hienatoe en hou daarvan om hier te ontspan en die see te geniet."
"Dorp bied alles wat 'n persoon verlang. Die mense is vriendelik. Die dorp is rustig met genoegsame aktiwiteite vir oud en jonk. Ook baie ideaal vir die hengelaar."
"Brackenfell is stil, het 'n pragtige uitsig in die rigting van Kaapstad en dit is naby genoeg aan goeie restaurante en inkopiesentrums."
"Behalwe vir die wind wat erg gewaai het kan ek nie veel sê nie behalwe dat Langebaan al amper net so groot soos Kaapstad is. Was heelwat verbaas oor al die uitbreidings."
"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
"Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die vinnige uitbreiding van groot massiewe huise orals wat Yzerfontein se Weskusdorpie-atmosfeer opgeslurp het. Groot jammerte!"
"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."
"Uit die dorp se gewoel, naby eetplekke en heerlik stil."