Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Perfect location for the people living in Cape Town and beautiful nature. "
"Elandsbaai is 'n pragtige Weskus-dorpie, so as jy wil wegbreek van stadslewe, is dit net die regte medisyne. "
"Mooi en klein dorpie, moeite werd om die ligtoring uit te klim en al die pad te ry tot by Suiderstrand, mooi landskap en ryk in geskiedenis. Gaan eet vis en chips sommer by die hawe, gevolg met softserve roomys! Ontmoet die local 'sting rays' wat in die middae kom vis eet in die hawe, mooi belewenis. Min om te doen, maar dit is die punt! Aan Langezandt Fisherman's Village (At Patat) se kant is die strand poeierwit, en aan Kaap Aghulas se kant groot pebbles met rots formasies, twee mooi konstraste. Sal enige tyd weer gaan."
"Sentraal geleë in die wynroete en baie om te sien en te doen. Heerlik geëet by die Taalmonument en De Kelder."
"Verkeersbeamptes was hulpvaardig om 'n vreemdeling by sy regte bestemming te bring tydens KKNK. Die besoek aan Oudtshoorn was 'n aangename ervaring. "
"Pragtige dorp, wat reeds baie uitgebrei het na ons laas daar was. Vriendelike mense en skoon strandgebied, lagoon. Pragtige vlooimark! Langebaan rock! Ek raai enigeen aan om daar te gaan afpak."
"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!"
"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
"Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Sedgefield self het nie 'n tipiese vakansie gevoel nie. Dit is 'n "slow town" wat nie gekenmerk word deur baie toeriste nie. Wil jy rus en ontspan is dit die ideale plek. Dit is ongeveer 200 km noord na Stormsriviermond en die hangbrug en 150 km suid na Mosselbaai. George en Oudtshoorn (Kangogrotte) is ook binne bereik. "