Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."
"As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly."
"Citrusdal is 'n klein plattelandse dorpie wat baie besig is op 'n Saterdag, maar daar heers 'n heerlike atmosfeer. Alles wat jy nodig het is daar. Hulle Spar voorsien aan alle behoeftes. Klein koffie winkeltjie waar ons heerlik gekuier het op die stoep. Lieflike omgewing."
"Dis lekker sentraal en vinnig om by Somerset-Wes uit te kom maar nie so duur soos Somerset-Wes nie."
"Lovely break away from everyday hussle and bussle but limited in cafes and restaurants. Hermanus is 40 minutes' drive away. "
"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "
"Die paar ure wat ons gehad het om Beaufort-Wes te verken was duidelik te min. Daar is nog heelwat om te sien en doen. Pragtige ou kerke en heelwat interessante winkeltjies. "
"A great place to enjoy good food, great scenery, wonderful wines and, if whales are in the bay, one of the finest sights in the world. "
"Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer."
"Ons wou graag in 'n plek bly met 'n see-uitsig bly en het so uitgesien om die walvisse te sien. Ons het maar een middag op die strand gaan sit nadat ons gehoor het daar was 'n walvis naby. Ons was so gelukkig om hom te sien."
"Kampsbaai is 'n baie mooi deel van die Kaap en 'n MOET sien vir toeriste sowel as Suid-Afrikaanse inwoners buite die omgewing. Ek glo dat Tafelberg wat so naby geleë is ook baie toeriste aantrek. "
"Die dam en die omgewing is so mooi en die kinders het geniet om die diere op die plase te sien. Regtig naby aan die dorp as jy iets benodig."
Great Brak River, Western Cape
Lawrette's Place"Sal altyd 'n plek in my hart hou vir Groot-Brakrivier."
"Franschhoek is asemrowend mooi en soveel wynplase om te besoek in die omgewing. Dit is wel 'n duur toeristebestemming."
"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."