Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Stellenbosch is pragtig! 'n Moet vir enige wyn-liefhebber!"
"Die mense is absoluut gasvry en vriendelik. Elke persoon wat ons teëgekom het, het ons gegroet. Hulle was bewus ons is gaste in hul dorp."
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "
"Een van die skoonste dorpe wat ek in jare gesien het en al die mense is vriendelik. George kan Suid-Afrika wys hoe paaie in stand gehou moet word."
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Awesome vakansie dorpie met heerlike eetplekke, en al die winkeltjies! Sal weer en weer kom. "
"Wonderful drives through the Cederberg and a comfortable 40 minute drive to Lamberts Bay."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
"Mal daaroor gewees en die mense wat daar bly is net so great. Ons het 4 restaurant in Struisbaai besoek en een in L'Agulhas. 55 knots, Michael Collins, Pelican Harbour, Sea Shack en Twisted Fork. By almal ontsaglike goeie diens gekry en baie vriendlike personeel sowel as bestuurders/einaars. Well done aan die Pelican Harbour Café se bestuurder - hy was absoluut 'n vreugde om mee kennis te maak en dan sal ek sê uit die 5 uit is Sea Shack die beste waarde vir geld. Almal was great, maar ek moet die twee punte uitlig. Daar is so baie om te doen in die omgewing so ons sal moet terugkom."
"Met Bikini-beach wat weggespoel het jare gelede het dit die hoeveelheid mense op die strand en ongelukkig ook die gebruik van die strand effe beperk. Die restaurante (bv. Tallas) is goed geprys en meer as billik met hul porsies. Die dorpie is skoon en mooi."
"Lieflike plek, ry gewoonlik net deur op pad Kaap toe. Regtig verbaas met die rustigheid van die omgewing waar ons oorgebly het."