Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Erkentelik was ek baie jare gelede op St. Helenabaai en was totaal stomgeslaan oor hoe dit uitgebrei het. Ek soek spesifiek plekke wat redelik onbewoon is vir wegbreke uit die stad, en het gevoel asof ek die een voorstad vir 'n ander verruil het. Geen kafees is naby die huis nie en verg dus ry met die motor tot in die dorp van die huis af om by winkels ens. uit te kom. St. Helenabaai het nou al te opgebou geraak vir my persoonlik om soontoe te gaan vir stilte en 'n bietjie introspeksie."
"Het baie stories gehoor van Kleinkrantz, maar wat ek daar gekry en gesien het is totaal anders - dit is vir ons baie lekker daar en ons gaan beslis terug na Ocean Pearl toe, dit sal die plek vir ons wees."
"Love die dorp en die mense. Vissersdorpie met soms 'n visreuk maar die ligging en die mense maak op vir die res. Strande en dorp is altyd skoon."
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."
"Easy access to highways and very good roads. We visited winelands, the beach, and the Garden Route Mall. Amazing experience."
"Not too much to do if you don't love wine. Luckily we do and stopped over to do the park run. There are lovely coffee shops and eateries, also an art gallery."
"Ons jaarlikse vakansiebestemming, dit voel soos ons tweede huis. Love die plek!"
"Opvallend skoon en netjies. Baie vriendelike, hulpvaardige personeel waar jy ook al gaan."
"Fantastiese, vriendelike mense en oulike plekkies om te kuier of lekker te eet."
"Wonderlike bestemming met goeie eetplekke. Net jammer daar is nie 'n swemstrand nader aan Knysna self nie, maar het besoek aan Brenton-on-Sea en Buffelsbaai baie geniet."
"Baie te sien en doen op Velddrif: Bokkom Laan, Port Owen, Laaiplek, Dwarskersbos naby. Weskus op sy beste. Eet vis en skyfies en ontspan."