Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Doringbaai is perfek vir reisigers wat wil wegkom van die gejaagde stadslewe."
"Mosselbaai is my geboortedorp en daar sal altyd 'n hunkering wees om daar te gaan kuier!"
"Ons geniet George, goeie kombinasie van platteland en gerief. Baie gholfbane en goed om te doen."
"Kaapstad is 'n wonderlike plek, reg vir ontdekkings en die mooiste plekke. Dit is 'n plek waar jy jaarliks kan vakansie gaan hou, en steeds elke keer iets nuuts sien!"
"Baie hartseer oor diefstalsyfer van Paternoster veral omdat dit ons gunstelingvakansiebestemming is. Paternoster is 'n dorp uniek aan ons land, met sy "locals" wat jou ervarings laat beleef soos nog nooit. Kindertjies wat hulle eie name op 'n klip skryf en aan jou probeer verkoop sodat hulle "katkop en tjips" kan koop of byname wat vir jou gegee word soos Mr Vrystaat. Hoekom ervarings in ander lande gaan soek as Suid-Afrika dan Paternoster het?"
"Ek het vir die Groot Pampoenfees deurgekom en het dit baie geniet. Ek dink die dorp kan nog baie toerisme lok."
"Stilbaai het my verbaas. Ons is versot op die pragtige, heuwelagtige dorpie met bome en groen plante. Die rivier en see bymekaar maak dit ekstra spesiaal. Pragtige venue's vir troues en vriendelike, gasvrye mense. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Mense ry baie onverskillig voor barnacles verby op pad strand toe. 'n Voorstel: speedbumbs."
"Cape Town remains one of the most beautiful cities in the world, despite the problems that beset all cities."
"Natuur is absoluut fantasties. Die strande is ongelooflik om op te stap. Alles is sentraal geleë en die diens oral is baie behulpsaam en vriendelik."
"Dit is die mooiste-mooi dorpie en ek was mal daaroor! Kan nie wag om terug te gaan nie! Die Swartbergpas was absoluut uitsonderlik en asembenemend mooi! Die 'Lad-die-Dah' en 'African Relish' restaurante is ook uitstaande! Lad-die-dah is op die punt van die dorp - fantastiese kos en baie goed geprys! African Relish is duurder, maar ook uitstaande kos en diens! Ek beveel glad nie die 'Rude Chef' restaurant oorkant die Swartberg Hotel aan nie - dis baie duur vir wat jy kry, die kos was onsmaaklik, diens swak, geen atmosfeer en die wynlys was beperk (wyn was nie lekker nie, en jy mag nie jou eie wyn neem nie). As jy nog nie daar was nie - moet jy die dorpie gaan verken!"
"Baie om te doen in die omgewing. Dit kan 'n bestemming op sy eie wees."
"Love Velddrif, it's quiet, people are friendly and it was a very relaxed and chilled weekend."