Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Lieflike gasvrye mense in 'n skilderagtige dorpie lekkerste restaurant, Isabellas."
"Dis 'n pragtige plek met mooi natuurskoon, die see en mere en nog baie ander. Al probleem is die swaar verkeer deur die dorp met die N2 wat basies deur die dorp gaan. Nou strate, groot en swaar vragmotors maak dat verkeer nog meer ophoop en stadig beweeg. 'n Deurpad wat nie deur die dorp loop nie sou sake baie vergemaklik."
"Tops, skoon en rustig, maklik om hier te bestuur, goed geleë. 'n Plesier om te besoek! Eg-Afrikaans, maar ook Engels!"
"Lekker om die see heeldag te kan hoor. Baie vriendelike mense in die omgewing. 'n Teerpad vanaf Gourits, Vleesbaai tot in Mosselbaai."
"Ons kan sien hoekom hulle Dorp van die Jaar 2021 gewen het. Ongelooflike ou argitektuur, winkeltjies, restaurante en kulturele bedrywighede. Wonderlike bestemming vir 'n wegbreek naweek uit die stad!"
"St. Helena is baie vinnig om 'n groot toerisme-aantreklikheid te word en as sy eers in jou hart kruip loop haar wortels diep."
"Kaapstad is regtig 'n baie mooi plek, soveel om te doen en die strate is netjies en veilig om in te stap."