Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Die kinders wat oral bedel, is 'n probleem. Ek het 1 skulphartjie gekoop, omdat ek jammer voel vir die kinders, maar oral waar jy loop probeer hulle dit aan jou verkoop. Daar is interressante winkeltjies en ongelooflik baie eetplekke. Wonder hoe almal 'n bestaan kan maak."
"A beautifully clean agricultural town with lovely architecture. The SuperSpar is amazing too!"
"Montagu is 'n rustige dorpie met plattelandse mense wat vriendelik en behulpsaam is. Daar is heelwat plekke om te besoek en restaurante wat van die beste kosse voorsit. Die dorpie is baie netjies en strate is mooi skoon. Jy moet die dorpie net besoek."
"Paternoster sal altyd een van ons gunstelingplekke bly - ook in die blomseisoen. Wonderlik geleë met pragtige strande met vissersboodjies en -huise."
"Kaapstad bied 'n verskeidenheid wat almal iets bied wat hulle sal van hou of selfs verlief op kan raak."
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Interessante - en onverwagte - plekke en besighede. Baie oulike Inligtingskantoor. En 'n goeie ligging vir blomme kyk, watersport, natuurlewe."
"Dit is lekker naby aan die Weskus Nasionale Park en 'n goeie plek om in blommetyd te bly."
"I love the canola fields this time of year and there were lots in Caledon - oh so very pretty. It's a "rustige" little town and the WiId Flower Trail was stunning! Quad biking was exhilarating - fresh air, river crossing and laughter! Lunch at Gabbiano and dinner at Fat Henrys was top-notch. "
"Buffelsbaai is vir afskakel. Geen telefoon nie, net jou vrede en vreugde."
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Daar is baie rondloperkinders in die dorp wat toeriste lastig val. Hoewel inwoners probeer om die probleem aan te spreek, is dit regtig steurend om op enige plek stil te hou, want jy kan nie waag om uit te klim nie."