Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Prins Albert is 'n klein juweel. Ons het die kunsgallerye en koffiewinkels baie geniet. Die hoogtepunt van ons kuier was die toer met die Unimog op teen die Swartbergpas! Dit was 'n belewenis en die tieners was gek daaroor. Bespreek by die Swartberg Hotel vir die toer."
"Sal die roete weer wil doen. Beslis meer te sien as wat ons voor tyd gehad het!"
"Always a pleasure going to Paarl, lots to do, plenty of sites to see, and the restaurants are always lovely."
"A beautiful area with many spectacular wine farms to visit and some beautiful breakfast/brunch locations to choose from."
"Dit is die moeite werd om 'n draai by die Boekklub te maak. Die plaaswinkels daar naby is die moeite werd om in te loer. Draai af vanaf die N1 en oornag in Merweville."
"Idilliese, klein dorpie. Dit was 'n lekker naweek wegbreek, maar sou definitief langer wou bly. Lekker restaurante met heerlike seekos."
"Ek was in 1989 laas daar en dit was ’n belewenis om weer in die dorp te kuier. So baie geskiedenis en goeie vriendelike mense."
"Behalwe die kreef smouse wat bietjie knaend is, sal Paternoster altyd bo aan my ranglys van wegbreek wees. Ek love die klimaat en dit voel letterlik asof ek in ’n droom dorpie is. Sal elke jaar terugkeer."
"It was our first time visiting Franschhoek and we fell in love with the town. Beautiful views and wine farms. There is a lot to do and the wine tram is a must."
"Hermanus is 'n vakansiedorp van wêreldgehalte. Pragtige see-uitsigte, baie om te besigtig en geniet."
"Ons dogter het by Barrington's getrou oor die Paasnaweek. Dit is 'n ongelooflike restaurant met uitnemende diens en uitstekende kos. Die hele Plettenbergbaai-ervaring was iets wat ons nog vir baie lank oor sal praat. Dit was heerlik!"
"Gansbaai is vir 'n vissersdorpie. Benodig net 'n goeie mediese afdeling, want Hermanus is ver om te ry vir 'n noodgeval."