Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Ons was al 'n paar keer in McGregor. Dit is net die regte dorp vir ons stadsmense om weg te kom van al die gejaag en net te onspan. Daar is genoeg restaurante om by te eet en die mense daar is ongelooflik vriendelik."
"Baie besig in die stadomgewing en ongemaklik met al die eenrigting rylane. Besienswaardighede soos bv. die kasteel is verwaarloos met min of geen parkering beskikbaar nie. Sal persoonlik nie weer in die stad boek nie maar wel op die buitewyke soos Tableview, Bloubergstrand, Melkbos, Strand of Gordonsbaai."
"Pragtige seedorp. Die dagbesoekers bederf die atmosfeer met harde musiek en gefuif op strand - papiere, drankbottels en glasstukke bly agter as hul weg is."
"Ons is mal oor Sedgefield, dit het ’n baie rustige atmosfeer en is vir seker vol versteekte juwele."
"Pragtige dorpie. Ons het heerlik gekuier by Van Loveren wynplaas se restaurant Christina's onder hul lower groen bome. By Esona wynplaas het ons 'n unieke wy proe gehad in hul kelder. Ons het ook Birds Paradise besoek. Pragtige plek om jou kinders heen te vat. Four Cousins Restuarant op Robertson is 'n moet. Sal vir seker weer wil gaan kuier op Robertson."
"Bettysbaai is pragtig, rustig en skoon! Oop see en nog baie on-ontwikkeld. Die swemstrand is mooi, parkering dalk net 'n bietjie min. Maar dis perfek!"
"Heerlik om by die hotel buite te eet terwyl die see vir jou wink. Ook Vensterklip en Die Mosselpot bied heerlike kos en gasvrye diens."