Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ek gaan vir sake, nie vakansie nie, moeilik om te oordeel as jy nie na wynplase en/of besienswaardighede toe gaan nie."
"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."
"'n Pragtige plek waar die mense almal vriendelik is en spontaan groet. Ons het die wandelpaadjie gewandel sonder om te vrees vir ons sekuriteit. "
"Bekoorlik. Definitief 'n plek om te besoek en te verken. "
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Sal graag wil teruggaan. Vreeslik baie gesien wat ek wil afneem. Perfekte bestemming vir Eat Pray Love tyd."
"Altyd 'n baie goeie plek om na te gaan. Langebaan het aktiwiteite as 'n gesien, 'n couple en self net as individu om weg te breek en baie om te doen. Sal beslis weer terug gaan na Langebaan. "
"Ons besoek gewoonlik die omgewing buite seisoentyd en geniet die rustigheid, die afwesigheid van rondlopers en bedelaars en weinig of geen misdaad om oor te bekommer nie."
"Ons gaan gereeld Melkbosstrand toe en is 'n baie lekker plek en gerieflik naby alles. Ons gaan weer."