Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons was eers op pad Knysna toe, maar die bespreking het toe verval. Ook maar so deur God bestuur. Want ons is ook maar lekker laat uit die Kaap weg. Het vorige keer die Cango Caves gedoen en het die kennisgewing langs die pad van die Cango Wildlife opgemerk en 'n nota gemaak om dit op die volgende besoek te doen. En dit was regtigwaar die moeite werd. Plek en omgewing was baie rustig. En het ook vir Shiela by Chandelier ontmoet. Baie dankbaar vir die wegbreek. Knysna, volgende keer. "
"Gaan sedert my kinderdae soontoe en het nog nooit vervelig geraak met Agulhas as basies my enigste plek waarheen ek naweke en vakansies gaan."
"Verskeie mense het ons gewaarsku oor diefstal uit voertuie en selfs uit kamers of wooneenhede! "
Breede River Valley, Western Cape
Tanagra Wine & Guest Farm"Baie goeie wyne en restaurante, natuurlike areas vir stap, fietsry ens. Goeie waarde vir geld en werklik vriendelike mense."
"Skoon omgewing. Mooi hoofstraat met verkeersirkels in hoofstraat wat goeie verkeersvloei tot gevolg het. Die meeste winkels kan aan jou behoeftes voorsien. Veilig om in strate te stap. 'n Goeie restaurant. Die naby geleë Club Mykonos met sy fasiliteite maak dat die toeris nie nodig het om langafstande te reis vir vermaaklikheid nie."
"Dit is 'n natuurbewaringsarea met beperkte toegang. Daar is geen deurloop nie en die plantegroei en kalmte is asemrowend. Uitsigte van beide die see en die lagoon, met direkte toegang tot die lagoon. "
"Baie aangename en netjiese dorp waarheen ons graag gaan. Alles tot jou beskikking en baie om te doen."
"Vir 'n groot persoon is die badkamer net baie knap - langwerpige badkamer, maar spasie tussen wasbak en deur is baie knap."
"Many outdoor activities in the surrounding area within a short travelling and walking distance."
"Baie om te sien. Moet die agterpaaie ry dan sien jy nog meer van die weggesteekte goed. "