Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Baie lekker dorpie om in te kuier. Oulike winkeltjies en restaurante. Vlok Kasteel het my beïndruk."
"Dis 'n pragtige plek, maar seker baie beter om in die somer te besoek. Nostalgies met die hawe en bootritte. Ek hou van die restourante op die hawe en Chapman's Peak se natuurskoon is pragtig. Ek het net ongelukkig 'n gevoel gekry dat dit nie veilig is om 2 mense alleen te gaan stap nie en dit maak die besoekie ongelukkig negatief. Dalk as daar 'n sekuriteitswag met 'n hond die kort staproete patrolleer, sal toeriste (veral vroue alleen), veiliger voel. Of as daar 'n aanduiding is hoeveel km die roete is. Houtbaai is werklik pragtig, dit praat met die siel."
"Glo met die regte verblyf kan dit 'n baie aangename plek wees om by te kom rus en voedsel vir jou siel te kry."
"Ashton is 'n oulike dorpie met baie om te sien en doen, veral om 'n glasie wyn! Die mense in die gebied is oor die algemeen baie gasvry en vriendelik. "
"De Nova is a quick drive from the beach and close to all amenities and walking distance to a shopping centre close by."
"As die weer mooi is, is dit 'n fantasties bestemming, maar winderige dae moet maar saamgeleef word. Valsbaai se watergehalte is swak en sal nie vis eet wat daar gevang word nie, met al die vullis wat afspoel uit informele nedersetting."
"Dis 'n vriendelike en skoon dorp. Baie sentraal geleë van George en Mosselbaai."
"Tulbagh self bied meer as wat ek voor beplan het en sal meer as 'n naweek vat om als te sien en te beleef."
"Rustige, stil en vriendelike gemeenskap. Privaat sekuriteit duidelik sigbaar."