Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"Lovely beach, interesting harbour, good shopping for travellers. Roads were well marked. Very convenient to drive to various tourist spots in and around Cape Town. Beautiful drives in all directions!"
"Ons het die naweek geniet en die weer was baie lekker. Geen wind!"
"Wonderlike uitsig oor die see en veld, stil en rustig. Baie wandelpaadjies langs die see."
"Nie baie om te doen nie. Sal meer koffiewinkels en soortgelyke kuierplekkie wou sien. Is 'n mooi dorpie."
"Lieflike vakansieplek. Sal beslis weer Hartenbos besoek. Altyd lekker."
"Ideaal vir natuurliefhebbers en almal wat wil wegbreek van die alledaagse gejaag van die lewe."
"Werklikwaar 'n lieflike plek om te besoek. Die feit dat alles so skoon is, is wonderlik. Geen rommel wat rondlê nie. Die hele omgewing is net pragtig! Baie mooi strand. Alles is rustig en lekker afskakel van die daaglikse gejaag. Naby aan Bredasdorp waar goeie winkels en eetplekke is."
"Ongelooglike skoon plek en laat jou baie veilig voel. Sal vir seker die mooi kusdorpie besoek. Kos vir jou siel."
"Nuwe strandfront area is 'n groot bonus vir Hartenbos met alle besighede en aktiwitiete."
Longacres Country Landgoed, Wes-Kaap
Camelot Cottages"Dit is 'n heerlike plek en ons was geseënd met die veldblomme wat nog geblom het."
"Sal enige tyd The Ghost Walk van Ailsa Tudhope aanbeveel, dink dit is 'n moet-doen vir enige iemand wat Prins Albert vir die eerste keer wil besoek."
"Oulike dorpie met organiese rooibosteefabriek waar jy video kan sien en teeproe en koop. Eetplekke maak bietjie vroeg toe en net 2 of 3 geskenkewinkels en mall."
"Ons was meer in die veld by die blomme as in die dorp, maar het als in die dorp gevind wat nodig is om jou verblyf lekker te maak."