Pick your preferred language

English

Afrikaans

+27
Selfsorg in Agulhas

Annie's

4 gaste

1 slaapkamer

3 beds

1 badkamer

  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 10 Protea Street, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Annie's is 'n eenslaapkamerwoonstel met aparte leefarea wat geskik is vir 'n gesin van maksimum 4 persone in 'n baie groot tuin, slegs 500 m van die swemstrand en so 200 m vanaf die winkels en restaurante af.

Dié woonstel is een van 3 eenhede op 'n privaat perseel. Die eenhede word apart verhuur en elke eenheid is 'n volledige aparte woonstel, maar hulle kan ook saam gehuur word. Annie's het 'n onderdakstoep met sy eie braai op wiele sodat jy dit kan rondskuif in die tuin. Daar is nog 'n braai-area laer af in die tuin onder die bome.

Die dubbelslaapkamer het 'n dubbelbed en die leefarea het 2 enkelbed-divans, wat bedags as banke dien en saans as slaapplek. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin van 4.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas/vrieskas kombinasie, mikrogolf, tweeplaatstofie, oond, strykyster, broodrooster en genoeg kombuisgereedskap. Daar is ook tee, koffie, suiker, sout, peper, opwasmiddel en 'n houer met beskuit.

Die TV is aan 'n satellietskottel gekoppel en het 'n OVHD-dekodeerder. Gaste kan hulle eie dekodeerder saambring om DStv te kyk.

Daar is ook onbeperkte WiFi en 'n UPS (ononderbroke kragtoevoer) om WiFi gedurende beurtkrag te verseker.

Die badkamer bestaan uit toilet, wasbak en stort. Toiletpapier en vloeibare seep is ook beskikbaar.

Die groot fynbostuin skep 'n rustige atmosfeer en daar is 'n klomp voëltjies om dop te hou. Sekere dele van die tuin het 'n beperkte see-uitsig en gaste kan die see hoor in die aande.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Goed

Netheid
3.6
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.1
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Leatitia N
Saam met vriende
5.0
Near the beach, beautiful and cozy. Awesome and very near the main beach in Struisbaai. Lovely place and has all you need, even an air ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025
Tanya R
5.0
Sal aanbeveel. Baie oulik en aangenaam.
Mei 2024
Samuel V
Saam met lewensmaat
4.4
Gerieflike sakpas kuier in die mooie Struisbaai. Ons het baie lekker gebly. Woonstel is goed ingerig met alles wat mens nodig het. Groot grasperk en s...
Sien meer
Okt 2024
Monica A
Saam met lewensmaat
4.2
Baie. Die verblyf was regtig baie goed. Ek sal in die toekoms graag weer by Annie's gaan.
Sep 2024
Shamilla K
Saam met lewensmaat
2.6
What you see is what you get, don't expect much. If you want a basic stay, you could use this accommodation. The couches in the lounge ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 246

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 10 Protea Street, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Annie's het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek

10 Protea Street, Struisbaai, Overberg, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACsUvrZn67IMbwTGlKH9CwXHHKge4WNwX5O1kQ800oEwEpY1rmH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 52 5 1 4 10 Protea Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.801664310295 20.048815011978

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang