Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ambylstraat 5, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 500R2 333 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ceol Na Mara is 'n srtandfronthuis wat slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders in Paternoster bied. Die huis is ideaal vir gesinne of vriendegroepe wat op soek is na 'n rustige wegbreek by die see.
Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-sleebed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 ekstra lang enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die slaapbank in die leefarea is nie vir 2 volwassenes geskik nie, maar wel vir 2 kinders.
Die ruim leefarea het 'n hoë plafon, 'n rustige atmosfeer, 'n smeulstofie en oorspronklike kunswerke deur Karin Sell, 'n plaaslike kunstenaar. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, oond, stoofplaat, mikrogolfoond en 'n elektroniese kluis toegerus. Daar is nie DStv nie, maar wel 'n TV met plaaslike kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n veilige toesluitmotorhuis vir 1 voertuig, 'n wasmasjien en tuinstoele. Die huis het ook 'n stoep met 'n ingeboude braai.
Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg geleë wat dit 'n gewilde naweekbestemming vir Kapenaars maak. Die Weskus is vir die ryk verskeidenheid plantspesies bekend en lok jaarliks veldblom-entoesiaste van regoor die wêreld.
Slaapplek
’n Bespreking by Ceol Na Mara sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 57
Resensies 751
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Ambylstraat 5, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Ceol Na Mara het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbank Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ambylstraat 5, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom