Deja-Vu
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklipstraat 13, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R2 160 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Deja-Vu bied B&B-verblyf reg op die strand en het 'n asemrowende panoramiese uitsig oor die son wat oor die oseaan sak van die voorstoep af of van die balkon in die kamer af. Deja-Vu is in Mosselbank, Paternoster geleë en bied toegang tot restaurante en winkels. Gaste kan 'n vriendelike Weskus-verwelkoming en -gasvryheid hier verwag.
Die veld rondom die B&B is toe onder die blomme in die lente. Gaste kan gerieflike verblyf in 'n rustige area geniet. Daar is 'n sondek waar gaste kan ontspan en die sonsondergang kan aanskou, en 'n stywe ontbyt word in die ontbytkamer of op die sondek bedien.
Deja-Vu beskik oor 4 gastekamers, waarvan 3 strandfrontkamers met balkonne is en 1 'n gesinskamer met 'n aparte slaaparea is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en het ook sekere DStv-kanale, gratis WiFi, badhanddoeke, verhitte handoekrelings, kantoenlinne, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n haardroër.
Die gashere kan raad en bystand met besprekings van daguitstappies, restaurante en ander plaaslike doendinge bied. Paternoster is 'n rustige, historiese visserdorpie en is die ideale basis vanwaar gaste die res van die Weskus kan verken.
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Dean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Schoonerklipstraat 13, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Deja-Vu het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbank Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklipstraat 13, Paternoster, 7381, Wes-Kaap