Hartsplek
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rocket-singel 7, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Hartsplek is 'n privaat selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel in die bekoorlike vissersdorpie St. Helenabaai. Die verblyf is geskik vir 'n paartjie, gesin of vriende.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Dit het ook lieflike see-uitsigte. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort. Daar is 'n yskas-vrieskas, vierplaat-gasstoof, elektriese oond en mikrogolfoond in die kombuis. Die eenheid het ook plafonwaaiers in al die vertrekke, 'n TV met DStv en gratis WiFi.
Opwekkers is beskikbaar vir die TV, WiFi en beligting gedurende beurtkrag.
Ander geriewe sluit 'n swembad met 'n pragtige uitsig oor see en op die Piket- en Sederberge, 'n ketelbraai, lapa en veilige parkeerplek vir 2 voertuie in.
'n Maksimum van 2 goedgemanierde honde onder-kniehoogte is welkom indien vooraf gereël. Die perseel is ten volle omhein.
Daar is doendinge soos swem, visvang, walviskyk, snorkel, duik en gholf in St. Helenabaai.
Geen partytjies of harde musiek word op die perseel toegelaat nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 91
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Rocket-singel 7, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartsplek het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Britannica Heights St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rocket-singel 7, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap