- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Rietrylaagte Farm, Trawal, 8147, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Rietrylaagte Accommodation and 4x4 is 5 km van die N7 af op 'n grondpad geleë, naby die klein plaasgemeenskap van Trawal. Die akkommodasie is 'n ideale oornagplek wanneer jy tussen Kaapstad en Namibië reis, of vir diegene wat in die lente na die blomme kom kyk.
Patrys beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n queen bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n lugversorger en 'n alarmstelsel in die huis. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n groot, ingeboude braai. Die kombuis is toegerus met alles wat gaste benodig vir 'n sorgvrye, selfsorgverblyf. Gaste word ook bederf met sjokolade en koffie- en teemaakgeriewe. Die eenheid het 'n TV met easyview, asook WiFi. Die eenheid het ook 'n Khol Khol-bubbelbad wat groot genoeg is vir 4 gaste.
Kolgans beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix. Die eenheid bied ook gratis WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het 'n alarmstelsel en 'n onderdakstoep met braaigeriewe.
Tarentaal is ons klein eenheid wat net geskik is vir oorslaap as jy nie omgee om te luister na die transformator wat loop om die pompe aan die gang te hou nie. Dit sit teen die werkende stoor. Daar kan 4 persone slaap. Dit beskik oor 'n dubbel bed, en 2 enkel beddens. Dis twee aparte kamers. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort en toilet. Daar is 'n goed toegeruste kombuis en 'n buitebraa. Jy kan heerlik op die stoep sit en uitkyk hoe die tarentale saans raas as hulle huiswaarts keer. Bring eie handoeke. Linne word voorsien.
Daar is selfoonontvangs in sekere areas op die plaas om kontak te hou met geliefdes. Gaste kan egter oproepe maak op Wi-Fi.
Ervaar die plaaslewe sonder om moderne geriewe in te boet. Gaste kan ook wild op die plaas sien en die klanke van die natuur geniet. Kom besoek ook sommer die wit volstruise. Die poue, kalkoene en tarentaal sal dalk 'n draai kom maak en vir jou 'n skouspel gee.
Doendinge sluit in om die blomme te bewonder gedurende blomseisoen, stap tussen die diere op die plaas, 4x4- en bergfietsroetes om te geniet. Die plaas het ook genoeg geleenthede vir fotograwe om die landskappe, natuurlewe, sonsondergange en sonsopkomste vas te vang.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 121
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Rietrylaagte Farm, Trawal, 8147, Wes-Kaap
- Gaste dink Rietrylaagte Accommodation and 4x4 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Rietrylaagte Farm, Trawal, 8147, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang