Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seesig

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van West Beach-weg en Eureka-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Seesig is in die straat wat aan die gewilde swemstrand van Struisbaai grens, geleë. Die ruim vakansiehuis beskik oor 'n hoofhuis en 'n aparte woonstel, is net 100 m van die strand af geleë en spog met 'n onbelemmerde uitsig oor Struisbaai. Die huis kan saam met die woonstel as 'n eenheid gehuur word en dan 13 gaste akkommodeer.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk en 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die groot leefarea is ideaal vir onthaal. Dis ruim met gemaklike meubels en het 'n skuifdeur wat na 'n stoep lei. Die huis het 'n TV met DStv.

Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, stoof en alle nodige kombuistoebehore toegerus. Die eenheid het 'n buitebraai-area. Indien daar gaste in die woonstel is, word 'n gedeelte van die agterplaas en dubbelmotorhuis gedeel.

Dié woonstel bo-op die motorhuis bied slaapplek aan 5 gaste en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n ekstra enkelbed in die sitarea. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die ruim, oopplan-leefarea lei na 'n stoep met 'n pragtige uitsig en 'n ingeboude braai.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en wasmasjien toegerus. Die sitarea het 'n TV met 'n DStv-pakket.

Struisbaai is net 3 uur se ry vanaf Kaapstad, wat dit die ideale bestemming vir 'n vakansie of wegbreeknaweek maak. Buiten al die aktiwiteite en besienswaardighede in en om Struisbaai, soos sweefski, wynkelders, visvang, seekosrestaurante, die bekende Struisbaai-hawe en swemstrande, is die huis ook naby die mees suidelike punt van Afrika en L'Agulhas geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 7 resensies vir Seesig
Netheid
3.9/5
Diens
3.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
3.4/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.4/5

Marquerite Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 42

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoek van West Beach-weg en Eureka-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seesig het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van West Beach-weg en Eureka-straat, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd208817eb1e93865f1430e37ed3340f055546d431c489078654825066b752dcd124ec96ae5c2d2346276ea016636f78d1547?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 7 5 1 4 Corner of West Beach Road and Eureka Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.795467451007 20.047529504299
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem