+56

Tallie House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 70 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 14)

Beskrywing

Tallie House is in die bekoorlike kusdorpie Agulhas. Die huis is 200 m van die strandfront af en 5 km vanaf Struisbaai se hoofstrand.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Twee van die kamers het 'n en suite-badkamer en die derde badkamer is apart. Die vierde slaapkamer is apart van die huis en is toegerus met 'n dubbelbed, stapelbed en het 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens en 1 dubbelbed.

Die eerste verdieping beskik oor die hoofslaapkamer en 'n oopplan-leefarea. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv-kanale. Hierdie verdieping bied uitsigte oor die see en 'n vuurtoring in die verte. Die eerste verdieping word beveilig met 'n babahek wat toegang tot die eerste verdieping beperk.

Die grondverdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, dubbeldeur-yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eiland met sitplek en 'n TV teen die muur. Die eetarea het sitplek vir 14 en die sitkamer he t'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met volledige DStv-kanale. Daar is ook 'n ingeboude braai.

Die leefarea lei na 'n lieflike stoeparea met buitelugmeubels. Die stoep kyk uit oor die ruim omheinde tuin. Daar is 4 parkeerplekke langs die huis. Gaste is meer as welkom om hulle troeteldiere saam te bring, mits die vooraf gereël word.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Dubbelbed

Toilet

Slaapkamer

En suite

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort

Slaapkamer

En suite

3

1 x Dubbelbed

1 x Slaapsaalbed

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Janetta J
5.0
Stunning house, great sea view. The house is stunning, top-notch condition, so close to the sea you could smell it. The house had every...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Balbina K
5.0
Huis is gerieflik, ruim met genoeg slaapplek. Ons het baie lekker gebly die naweek. Die huis was ruim en alles was daar wat ons nodig gehad het. Die e...
Sien meer
Mrt 2025
Nicole G
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent accommodation. Tallie House is exceptional. Everything was stunning! The house is gorgeous! Desiree is a wonderful hostess. M...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Nina B
5.0
Amazing stay. Absolutely loved staying at Tallie House! The house is so stunning, very easy to find, and the location is simply lovely....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Jo-Hein E
Saam met lewensmaat
4.0
Lekker. Lekker slaap.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Desiree Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 70 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tallie House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 500
per nag (plek vir 14)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 14)
Vanaf
R 4 500
per nag (plek vir 14)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 70 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnTtF2bwaEcH2hdJXk3C4oJ5zlM14ZMxc5Smq1NPtkNzXxmAUR3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 14) 18 5 1 5 70 Main Road Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 11:00 -34.822459196832 20.023854564803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang