+55

Views

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Views is hooggeleë in 'n stil area van Clarens en bied die pragtigste uitsig op die Rooiberge, die Golden Gate-area en die Malutiberge vanuit die kamers en ook vanaf die stoep. Die ingang na die pragtige Clarens Natuurreservaat, 'n bergreservaat met verskeie stap- en bergfietsroetes, is net 100 m vanaf die eenhede.

Views beskik oor 2 aparte eenhede, elk met 'n TV, gratis WiFi, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer.

Eenheid 1 bied slaapplek aan 4 gaste in 'n aparte hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Hier is slaaplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n eetarea. Die eenhede beskik elkeen oor 'n TV met DStv.

Elke eenheid het 'n houtkaggel vir die koue winteraande, en hout word voorsien.

Die eenhede bied elkeen toegang tot 'n balkon met 'n Weber. Onderdakparkeerplek word vir elke eenheid voorsien, sowel as ekstra parkeerplek vir besoekers. Ingeboude braaigeriewe is ook onderdak beskikbaar.

Views is net 1,6 km van die plein in Clarens af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal raakloop. Die Clarens-dam is stapafstand vanaf die huis en ideaal vir swem, visvang en pieknieks in die somer.

Views gebruik sonkrag en daar is geen beurtkrag nie!

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 373 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Salome B
Saam met vriende
5.0
Rus en vrede. Die uitsig het die mooiste uitsig. Lekker staproetes daar naby. Die huis is 'n entjie van die middelplein af, weg van die lawaai, jy moe...
Sien meer
Nov 2025
Elvira V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was regtig die moeite werd. Ons het nie die gasheer ontmoet nie, maar die woonstel was baie netjies en skoon, gerieflik met baie mooi uitsigte oor...
Sien meer
Okt 2025
Nicola H
Saam met lewensmaat
5.0
The name is very appropriate for the location. Great experience. Beautiful facility with great attention to detail contributing to a wo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Lukas S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Ons het baie lekker gebly met 'n wonderlike uitsig.
Okt 2025
Martin G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie welkom en tuis gevoel. Was heerlik gewees en kon nie vir beter vra nie. Ons sal baie graag weer wil gaan. Ons het veilig en tuis gevoel by Views....
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bastiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 373

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Views het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADDwmrV22dp2nUvroGhD6YkIUq1dfSbqiCBa1Q66NIImRBDNbry?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense 373 5 1 5 1 Ridge Road Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.521242929911 28.409974503305
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang