Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2599 reviews.
"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "
"Ons het 'n wonderlike dag deurgebring in die Karoo Nasionale Park. Ons sal dit hoogs aanbeveel vir diegene wat nog nie 'n tydjie gemaak het om die park te besoek nie. "
"Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet. "
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Beaufort-West soos die res van die Kaapprovinsie word baie goed skoongehou. Ons haal ons hoed af vir die munisipaleit en hul werkers. Welgedaan!"