Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"
"Baie plekkies om te besoek en te geniet. Veral die bierproe en drink by die brouery was lekker."
"Lekker dorpie, heerlike en rustige atmosfeer. Heerlike restaurante, uitstekende gholfbaan en baie besienswaardighede."
"Lovely quaint town. Lots of art stores and good shopping. Be aware that many places including grocers take cash only. Good eating places. Very accessible for day trips. Lots of activities to do in the area."
"Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies."
"Ons was net buite die dorp waarvoor ons baie dankbaar was. Clarens se dorp self is baie besig. "
"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "
"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."
"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."
"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."
"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "
"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."
"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."
"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."
"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."