Geverifieerde Resensie

Clarens

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 2984 resensies.

Clarens

Larola Terraces

"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."

Clarens

Knock Out View

"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"

Clarens

La Bri

"Ons is gaande oor die plek. Ons kom kuier ten minste een keer per jaar."

Clarens

Rooikat Cottage

"'n Definitiewe bestemming om te besoek en te verken! Stunning!"

Clarens

Die Kruik

"Dit was ons eerste ervaring van Clarens en wow! Die mense is so behulpsaam en vriendelik. Die plekkie het so diep in my hart geklim, en ek het baie herinneringe wat ek weer saamgebring het terug huistoe."

Clarens

Accommodation @ The Spa

"Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld. "

Clarens

Die Kruik

"Baie mooi en oulike plek."

Clarens

Clarens Retreat

"Clarens is 'n paradys met ongelooflike mooi natuurtonele."

Clarens

Mont Rouge

"Dit is die mooiste plek en die berge is fenomenaal mooi. Ek sal weer teruggaan!"

Clarens

Rosewood Corner

"Oulike eetplekke soos Clementines, die Duitse Restaurant en die Brouery is 'n moet vir mense om heen te gaan."

Clarens

V'Kansi Khaya

"Clarens is 'n fantastiese toeristebestemming!"

Clarens

La Bri

"Supermark vat nie kaart betalings & ATM was 2 dae aflyn. Alle ander shops het kaart gevat. "

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Ons gaan altyd terug Clarens toe. Ons is mal oor 'vibe'!"

Clarens

Lake Clarens Guest House

"Ons ondervinding was dat alles te duur is."

Clarens

Red Mountain House

"Langer as 'n naweek kan vervelig raak."

Clarens

Die Kruik

"Pragtige dorpie met mooiste winkeltjies. "

Clarens

Zwartmodder

"Baie interessant, maar restaurante baie besig. Moet vooraf bespreek."

Clarens

Thaba Lapeng Mountain Escape

"Clarens is really beautiful and the true gem of the Free State - the people are so friendly and there is so much to see and do in this "little" town. A weekend is just not long enough - so make sure you have an extended stay so that you can get the most out of your visit. "

Clarens

Rooikat Cottage

"Dis 'n baie mooi dorpie ... net besig gewees."

Clarens

Rooikat Cottage

"Ons kan nie genoeg na Clarens toe wegbreek nie. Dis 'n ervaring wat nie regtig beskryf kan word nie!"

Clarens

V'Kansi Khaya

"Daar is soveel plekke om te besoek, voel veilig om selfs in die aand daar rond te loop. Sal enige tyd weer terug gaan."

Clarens

RiverWalk Guest House

"Baie mooi en interessante plek. Sal dit weer besoek."

Clarens

Arundel Studios

"Bietjie commercial. Goeie nuwe German Restaurant. "

Clarens

Rosewood Corner

"Bly 'n heerlike wegbreek van die stadsgewoel. Verlang al klaar terug."

Clarens

Golden View Luxury Self-Catering

"Almal is vriendelik. Uiteetplekke se pryse is redelik, maar die winkels is duur. "

Clarens

RiverWalk Guest House

"Het die ervaring terdeë geniet. Daar is iets vir almal."

Clarens

Woodlands Retreat Private Property

"We always enjoy Clarens as there is so much to do there. Great hiking."

Clarens

Royal Coachman Lodge

"Ek was mal oor die klein winkeltjies en plekkies wat mens kan ontdek. Die koffiewinkels en eetplekkies is tops."

Clarens

La Bri

"As jy nader aan ons maker wil beweeg dan besoek jy Clarens om Sy finominale skeppingswerke te beleef en die hartlikheid wat Hy in mense harte plaas."

Clarens

Titanic View - Place of Peace

"1. Daar is 'n effense tekort aan tydige sitplek by Restaurante met aand etes a.g.v. die hoë volume besoekers oor naweke. 2. Ons het gevind dat daar nie genoegsame opvallende inligting vir toeriste is van die omgewing nie. 3. Grondpaaie in Clarens blyk of dit nie genoegsaam in stand gehou word nie, alhoewel dit bydra tot die estetiese waarde van 'n outydse dorp. 4. Vir die man uit Sandton wat met sy sportmotor en drankie in die hand 'n naweek wil geniet: 5/5. Vir die res van ons wat in die buitelug wil ontspan, aktiwiteite en geskiedenis wil geniet: 3/5 (nie dat Clarens 'n gebrek het daaraan nie, maar eerder dat dit nie as die waardevolste kenmerk van die dorp voorgehou word nie). Vir die persoon wat aangetrokke is tot tipiese vlooimarkte: 4/5 (bv. stalletjies/winkeltjies met eetgoed en plekke met unieke memorabilia uit Clarens, gedenkwaardighede en aandenkings)."

Blad
Blad 87 - Wys 2581 tot 2610
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang