Geverifieerde Resensie
Dolphin Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dolphin Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 201 resensies.
"Vir my as rolstoelgebruiker is die sypadjies nie baie rolstoelvriendelik nie, dit is soms te smal en het hoë kante af, dit is moelik om by die houtpaadjies te kom vanaf die woonstel tot daar. Die strand met sy houtpaadjies is baie lekker om te gebruik en baie rolstoelvriendelik."
"Shaka's Rock is a lovely, wonderful area. We were very impressed with the shopping areas, malls, shops and beaches."
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."
"Baie mooi strand, die lewensredders is baie vriendelik, my seuntjie van 2 jaar het sy vinger by die rotse gesny en hulle was baie hulpvaardig en vinnig pleisters op die toneel gehad. Baie dankie daarvoor! Die sambreel en stoele diens is ook fantasties - hulle is so flink en vinnig en dan nog vriendelik ook! Oor die algemeen 'n baie lekker strand wat baie familie vriendelik is!"
"Baie lekker vir 'n rustige vakansie, sal gereeld nou daar vakansie hou maar sal vervelig word vir jongmense."
"Shaka's Rock is great if you have small children as the rock pools are lovely. But it's not great if you'd like to actually swim in the sea."